Nuus Flitse

Wat is ‘n “emosionele babalaas”?

Emosionele ervarings kan fisiologiese en interne breingesteldhede veroorsaak wat lank na die gebeure steeds aanhou. Hierdie “emosionele babalaas” beïnvloed ons belewing en hantering van toekomstige ervarings.

Volgens Lila Davachi, mede-professor aan die New York Universiteit se Departement Sielkunde, word ons herinnering aan gebeure nie net bepaal deur ons belewing van die eksterne wêreld nie, maar word dit sterk beïnvloed deur ons interne gesteldheid – en hierdie interne toestande kan lank aanhou en toekomstige ervarings kleur. Emosies veroorsaak ‘n bepaalde gemoedstemming, wat weer denke beinvloed wat ons belewing van die eksterne wêreld lank nadat dit gebeur het steeds kan kleur.

Dit is reeds bekend dat emosionele ervarings beter onthou word as nie-emosionele ervarings. Die navorsers van hierdie studie toon egter dat nie-emosionele ervarings wat op emosionele ervarings volg ook beter onthou word in latere geheuetoetse.

Beelde wat emosionele inhoud weergee en emosies opwek is aan deelnemers gewys. Tien tot dertig minute later is nie-emosionele beelde aan een groep gewys terwyl ’n ander groep die nie-emosionele beelde eerste gesien het gevolg deur die emosionele beelde.  Fisiologiese opwekking en brein aktiwiteit is gemonitor by beide groepe.

Ses ure later het die deelnemers ‘n geheue-toets van die beelde wat hulle gesien het ondergaan. Die resultate het getoon dat dié deelnemers wat eers die emosionele beelde gesien het, beter langtermyn herinnering van die neutrale beelde gehad het, in vergelyking met die groep wat eers die neutrale beelde gesien het. Die breingesteldhede wat met die emosionele beelde geassosieer is, het behoue gebly vir 20 tot 30 minute en het die wyse waarop die deelnemers toekomstige ervaring hanteer en onthou het beïnvloed.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1