Daar is ‘n goeie rede hoekom mense verlief neem met neulpotte, kermkouse, beheerfrate en ander irriterende mense in hul lewens – hul is verwant aan hulle! Navorsers aan die University of California, Berkeley en Bar-lian University in Israel wou vasstel waarom mense nie doodeenvoudig ontslae raak van moeilike of veeleisende mense in hul familie- en sosiale kringe nie. Hulle het bevind dat die rede was omdat bloed dikker as water is.
Vroulike gesinslede, insluitend wederhelftes, moeders en susters, het tydens hierdie studie gefigureer as die moeilikste mense om mee oor die weg te kom. Die feit dat hierdie nabye vroulike familielede meer geneig is om aktief en emosioneel betrokke te wees by ander gesinslede se lewens, kan moontlik verklaar waarom juis hulle utigesonder word. Volgens die navorsers is hulle waarskynlik dié persone op wie ander gesinslede die sterkste moet leun, maar juis as gevolg daarvan en vanweë hul dieper betrokkenheid, is hulle ook diegene wat die meeste neul. Hul sterk teenwoordiheid kan dus bloot ‘n refleksie wees van hul dieper betrokkenheid in sosiale netwerke.
Die data is verkry van die Universiteit van Kalifornië se Sosiale Netwerk studie, wat aangesig tot aangesig aanlyn onderhoude gebruik om vas te stel hoe die instandhouding van sterk sosiale bande mense se gesondheid en geluk beïnvloed. Meer as 1100 jonger en ouer volwassenes in die San Fransisco Bay-area, van wie meer as die helfte vroulik was, is by die studie betrek en meer as 12 000 verhoudings is bestudeer, wat informele vriendskapsverhoudings, werksverhoudings en nabye gesinsverhoudings ingesluit het. Die deelnemers is gevra om aan te dui met wie hulle in verskillende sosiale verhoudings betrokke was, en om dié wat moeilik was, te identifiseer. Die verhoudings is gekategoriseer as net moeilik, of moeilik insluitend ‘n vertrouensverhouding en emosionele steun.
Ongeveer 15 % van die verhoudings wat deur die deelnemers aangedui is, is as moeilik gekategoriseer, hoofsaaklik ten opsigte van nabye familielede soos ouers, sibbes en wederhelftes. Net ongeveer 6% tot 7% van verhoudings met vriende is as moeilik aangedui. By implikasie blyk dit dus dat moeilike mense dikwels gevind word in ‘n verhoudingskonteks waar familiebande minder vryheid toelaat om die verhouding te beëindig.
Jonger mense, ouderdom 21 tot 30 jaar, het meer moeilike verhoudings geïdentifiseer as ouer mense. Hulle met meestal verhoudings met hul susters (30%), vrouens (27%) en moeders (24%) as moeilik bestempel, en tot ‘n mindere mate verhoudings met hul vaders, broers en kêrels of kamermaats.
Ouer mense, ouderdomsgroep 50’s, 60’s en 70’s het ongeveer 8% van die mense in hul sosiale netwerke as moeilik geïdentifiseer. Bo aan die lys was moeders (29%), vroulike romantiese maats (28%) en vaders en kamersmaats gelyk op 24%.
Dit word algemeen aanvaar dat die instandhouding van sterk sosiale bande ‘n gesonde praktyk is. Maar, sosiale verbintenisse kan net so maklik ‘n bron van stres wees as wat dit ‘n bron van vreugde kan wees.
Lewer kommentaar