Kou kougom terwyl jy stap en verhoog jou hartslag en energieverbruik.
Heelwat studies het al ondersoek of kougom kou die fisiologiese funksies van die menlike liggaam beïnvloed terwyl die persoon rustend is. Daar is egter nog nooit gekyk wat die invloed daarvan is wanneer ‘n mens stap nie.
Vir hierdie studie is 46 manlike en vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 21 en 69 jaar gewerf. Tydens een proeflopie is die deelnemers 2 blokkies kougom (1.5g en 3 kilokaloriee per blokkie) gegee om te kou terwyl hulle vir 15 minute teen ‘n natuurlike pas gestap het, na ‘n een uur rusperiode. Die kontrolegroep moes ook een uur rus en dan 15 minute stap, maar hulle het ‘n poeier ontvang wat dieselfde bestanddele as die kougom bevat het, maar nie van hulle vereis het om te kou nie.
Tydens elke proeflopie is metings geneem van rustende harslag, gemiddelde hartslag wanneer hulle gestap het, die afstand wat afgelê is tydens die 15 minute en die lengte van treë. Gemiddelde stapspoed is bereken op grond van die afstand wat afgelê is tydens die 15 minute; die lengte van treë is bereken op grond van die gemiddelde stapspoed en die gemiddelde treë telling; energieverbruik is bereken gebaseer op die gemiddelde stapspoed en die liggaamsmassa van elke persoon.
Die navorsers het bevind dat die gemiddelde hartslag terwyl die deelnemers gestap het, sowel as die verandering in hartslag vanaf die rustende posisie, betekenisvol hoër was by dié groep wat kougom gekou het as by die kontrole groep.
Hierna is berekeninge gedoen wat die veranderlikes van geslag en ouderdom in berekening gebring het. Die groep is verdeel en manlike en vroulike deelnemers, sowel as jonger (39 jaar of jonger) en ouer (40 jaar of ouer) persone.
Sowel die manlike as die vroulike deelnemers se hartslag terwyl hulle gestap het was betekenisvol hoër by die groep wat kougom gekou het. ‘n Interessante bevinding was dat veral die manlike deelnemers se afstande en gemiddelde stapspoed betekenisvol hoër was vergeleke met die kontrolegroep.
Alle oudersomsgroepe het tydens die kougom-proeflopie betekenisvol groter veranderinge in hartslag getoon.
Wanneer sowel geslag as ouderdom in berekening gebring is, is bevind dat middeljarige en ouer manlike deelnemers die grootste voordeel getrek het, met betekenisvol hoër afstand, gemiddelde stapspoed en aantal treë, gemiddelde hartslag, verandering in harslag en totale energie wat verbruik is, vergeleke met die kontrole groep.
Die navorsers kom tot die gevolgtrekking dat, indien mens kougom kou terwyl jy stap, verskeie fisiologiese en fisieke veranderinge by mans en vrouens van alle ouderdomme plaasvind, terwyl dit stapafstand en energieverbruik by middeljarige en ouer mans in besonder bevoordeel. –Navorsing is aangebied tydens hierdie jaar se Europese Kongres oor Vetsug n Wenen, Oostenryk, 23 tot 26 Mei.
Lewer kommentaar