Baie dinge laat mens gaap, soos moegheid, koors, stres, medikasie, sosiale en ander sielkundige faktore. Dit verskil egter baie van individu tot individu.
Verrassend is daar min ooreenstemming tussen wetenskaplikes oor die rede waarom ‘n mens gaap. Daar bestaan ‘n hele aantal teorieë, te wel om die brein wakker te hou; of om die brein af te koel; en die evolusionêre teorie dat dit ‘n waarskuwing aan ander groepslede is dat jy nou te moeg is om wag te staan en met iemand anders vervang moet word.
Gaap hou die brein wakker
Ons weet almal dat ons meer gaap wanneer ons lomerig raak. Derhalwe spekuleer sommige wetenskaplikes dat die doel van gaap is om ons wakker te hou. Wanneer mense gaap vind daar beweging en strekking van spiere plaas, wat die slaap weghou. Mens se oë is ook geneig om toe te gaan wanneer jy gaap, wat weer visuele skerpheid verbeter.
Gaap koel die brein af
Ander wetenskaplikes glo dat gaap ‘n termiese funksie het – dit koel die brein af. Wanneer mens gaap haal jy diep asem, wat veroorsaak dat koel lug ingeasem word, wat dan die bloed wat na die brein vloei afkoel. Voorstaanders van hierdie teorie glo dat breintemperatuur styg net voor mens gaap, en afneem nadat jy gegaap het. Wetenskaplike bewyse bevestig egter net dat uitermatig baie gaap kan voorkom wanneer brein en liggaamstermperatuur styg – toe liggaamstemperatuur tydens eksprerimentele situasies kunsmatig verhoog is, is bevind dat mense meer gegaap het. Daar bestaan egter geen duidelike bewyse dat dit ‘n afkoelingsfunksie ook het nie.
Wagstaan funksie
Gaapgedrag kom by feitlik alle gewerweldes voor, wat wys dat dit uit oertye oorgedra kon wees. Volgens die evolusionêre teorie is mense sosiale diere wat in groepe saamwoon omdat dit hul voortbestaan verseker – ‘n funksie van die groep is om die individu teen aanvalle van ander spesies te beskerm.
Deel van die verpligtinge van groepslede is om wag te hou. Gaapgedrag is dus tweeledig van aard: dit hou die wag wakker en dit dien as ‘n waarskuwing aan ander groepslede dat hy moeg word en vervang moet word.
Neurowetenskaplike verduidelikings
Baie breinstrukture is betrokke by gaapgedrag. Een studie het bevind dat die ventromediale pre-frontale korteks geaktiveer word. Hierdie deel van die brein hou verband met besluitneming en daar is ook bewyse dat indien dit beskadig sou word mense hul vermoë tot empatie verloor.
Aktivering van ‘n sekere gedeelte van die hipotalamus, wat neurone bevat wat die vrystelling van oksitosien bevorder, het ook gaapgedrag by muise uitgelok. Oksitosien hou verband met sosiale binding en geestesgesondheid.
Wanneer oksitosien in verskeie dele van die breinstam ingespuit word, veroorsaak dit ook gaapgedrag. Dit sluit in dié deel van die hipokampus wat met leer en geheue verband hou, die ventrale tegmentale area wat die goed-voel-hormoon dopamien vrystel, sowel as die amygdala, wat stres en emosies beheer. Wanneer die oksitosin reseptors hier gebklokkeer word, verhoed dit gaapgedrag.
Parkinson pasiente gaap minder en dit kan verband hou met laer dopamienvlakke. Daar is gerapporteer dat dopamien aanvullings gaapgedrag aangewakker het.
Daar is ook al bevestig dat kortisol, die sogenaamde streshormoon, ook gaapgedag aanwakker. Wanneer die adrenale klier, wat kortisol vrystel, verwyder word is daar geen gaapgedrag nie.
Waarom is gaap so aansteelkik?
Gaap is ‘n aansteelike gedrag en wanneer mens iemand ander sien gaap is jy dikwels self ook geneig om te gaap. Wetenskaplikes spekuleer dat die vlak van empatie van die individu dit beïnvloed.
Ontdanks die feit dat wetenskaplikes uitgebreide begrip het vir die meganismes wat gaap veroorsaak, is daar nog nie soveel duidelikheid oor die funksionele doel daarvan nie. – The Conversation/NeuroscienceNews
Lewer kommentaar