Tydens ‘n onlangse studie is bevind dat dit ‘n positiewe invloed op die geestesgesondheid van plaaslike inwoners het wanneer leë erwe netjies gemaak en vergroen word. Volgens die navorsers het 41% van persone wat binne ‘n kwart myl radius vanaf leë erwe wat netjies gemaak en versier is gewoon het, ‘n afname getoon in gevoelens van depressie, vergeleke met dié wat naby oorbegroeide en onnet leë erwe gewoon het.
Wanneer leë erwe in groen ruimtes omskep word, kan gevoelens van depressie beduidend verminder en algehele geestesgesondheid verbeter by plaaslike inwoners wat daar naby woon, het navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania bevind. Hulle het die geestesgesondheid van die inwoners van Philadelphia gemeet voor en nadat nabygeleë oop erwe in groen ruimtes omskep is, of onnet verlate erwe netjies gemaak is. Hulle het bevind dat mense wat binne ‘n radius van ‘n kwart myl vanaf vergroende erwe gewoon het, ‘n 41% afname in gevoelens van depressie getoon het, vergeleke met dié wat naby onnet verlate erwe wat nie herskep is nie gewoon het.
Hierdie bevindings vorm deel van ‘n groeiende liggaam van bewyse dat wanneer nuwe lewe geblaas word in leë erwe wat ‘n oogseer is dit tot die verbetering van veiligheid en gesondheid bydra, deurdat dit ‘n vermindering van geweld, misdaad en stres meebring. Tydens ‘n ander studie wat in Februarie deur dieselfde navorsingspan uitgevoer is het hulle ook ‘n vermindering van 29 % in wapengeweld gevind naby behandelde erwe. Die huidige studie is die eerste een wat die invloed van herskepping van erwe op geestesgesondheid getoets het.
Vervalle oop erwe verhoog die risiko dat plaaslike inwoners aan stres en depressie kan lei, en kan moontlik verklaar waarom sosio-ekonomiese ongelykeheid in geestessiektes bly voortbestaan. Die huidige studie wys dat strukturele veranderinge, soos om oogseer oop erwe in groen ruimtes te omskep, ‘n positiewe invloed uitoefen op die gesondheid van dié wat daar naby woon. Dit kan baie koste-effektief gedoen word en kan wêreldwyd toegepas word op oop erwe wat ‘n skadelike omgewingsimpak het.
Die lootsstudie in Phladelphia het uit drie bene bestaan: ‘n vergroening ingryping, opruiming van onnet erwe en ‘n kontrole groep waar geen ingpyping plaasgevind nie. Omskepping van erwe in ‘n groen ruimte het behels dat gemors opgeruim en nuwe gras en ‘n aantal bome aangeplant is, ‘n lae houtheining aangebring is, en instandhouding maandeliks gedoen is. Die opruimingsaksie het bestaan uit die verwydering van gemors, die sny van gras waar dit moontlik was, en maandelikse instandhouding. Die vergroening- en opruimingsaksies en instandhouding is deur die Pennsylvania Tuinboukundige Vereniging gedoen.
Meer as 340 deelnemers het twee stelle voor-ingryping en na-ingryping geestesgesondheidsvraelyste voltooi, 18 maande voor herskepping en weer 18 maande daarna. Die Kessler Psychological Distress Scale (K6) is gebruik. Die deelnemers moes ook aandui of hulle hopeloos, senuagtig, rusteloos, depressief of waardeloos gevoel het.
Die resultate het duidelikste gemanifesteer in arm woonbuurte, waar gevoelens van depressie van inwoners wat naby die herskepte erwe gewoon het met 68 % verbeter het. Die resultate bevestig dat blootstelling aan ‘n meer natuurlike omgewing kan bydra tot die verbetering van geestesgesondheid, veral vir mense wat in stresvolle en chaotiese stedelike omgewings woon.
Lewer kommentaar