Nuus Flitse

Nege voedingstowwe noodsaaklik vir geestesgesondheid

Diëet net so belangrik vir geestesgesondheid as vir goeie liggaamlike funksionering

Navorsingstudies het nou onweerlegbaar bewys dat diëet net so belangrik is vir geestesgesondheid as wat dit vir gesonde liggaamlike funksionering is, aldus ‘n groep akademici verbonde aan die International Society for Nutritional Psychiatry Research.

Daar is onder meer bevind dat gesonde eetpatrone die voorkoms en risiko van depressie en selfmoord verminder. Voeding en diëet voor geboorte en tydens die vroeë kinderjare is ook ‘n belangrike bepaler van die latere geestesgesondheid  van die kind. Vorige navorsingstudies het  reeds bewys dat ernstige wanvoeding tydens belangrike ontwikkelingsfases depressie en psigotiese afwykings veroorsaak.  ‘n Korrekte en voedsame diëet is dus ‘n baie belangrike faktor  in die voorkoming van algemene geesesgebreke en die instandhouding van geestesgesondheid.

53950123 - food rich in omega 3 fatty acid

Wêreldwye diëet tendens

Die wêreldwye tendens is huidiglik egter om ‘n diëet te volg wat gelaai is met geprosesseerde kosse wat baie kilojoules maar min voedingswaarde bevat.  Die gevolg is mense wat oorgewig is, maar steeds ondervoed is. Onvoldoende hoeveelheide van die voedingstowwe wat noodsaaklik is vir gesonde breinfunksionering, soos B-groep Vitamine, sink en magnesium, word ingeneem met ‘n gevolglike onrusbarende toename in toestande soos depressie, angs en ander geestesversteurings.

Die volgende voedingstowwe is noodsaaklik vir gesonde geestelike funksionering:

Omega-3 vesture:   Omega-3 vetsure help vir die behandeling en voorkoming van oa bipolêre depressie, post traumatiese stress sindroom en major-depressiewe versteuring.  Dit word ook gebruik ter voorkoming van psigose. Dit kom voor in sardiens, makriel, salm, tuna, ens.
S-adenosyl metionien(SAMe): SAMe is  ‘n doeltreffende anti-depressant.  Dit  word nie deur middel van voedsel ingeneem nie, maar word deur die liggaam vervaardig in samewerking met Vitamien B12 en  foliensuur (Vitamien B9).  Dit word aangetref in feitlik alle liggaamsweefsel  en –vloeistowwe en is as aanvulling beskikbaar in tablet of kapsule formaat.
N-asetiel sisteïen (NAC):  NAC is doeltreffend vir die behandeling en voorkoming van bipolêre depressie, skisofrenie, trigotillomanie (kompulsiewe versteuring wat onder meer behels dat die hare een vir een uitgetrek word) en ander kompulsiewe versteurings, sowel as verslawingstoestande.  Dit kom voor in granola, hawermout, brokkoli, piesangs, soyaboontjies, ens.
Sink:  ‘n Sink-terkort kan depressie veroorsaak. Sink word veral  in oesters, rooi vleis en pluimvee aangetref.  Dit kom ook voor in neute, boontjies, seekos soos krap en lobster en suiwel produkte.
B vitamins (insluitend Foliensuur):   ‘n Vitamien B tekort hou verband met depressie en dit verminder die doeltreffendheid van anti-depressante middels. Die bekendste B-vitamien is vitamien B12. Dit kan alleenlik deur bakteria vervaardig word en kom natuurlik net in diereprodukte voor.  Dit is egter vrylik beskikbaar in sintetiese formaat en heelparty voedselsoorte word daarmee verryk.
Vitamien D:  ‘n Vitamien D tekort tydens swangerskap kan skisofrenie veroorsaak, terwyl dit ook ‘n toename in die simptome van depressie meebring. Slegs enkele voedselsoorte bevat natuurlik vitamien B, insluitend die vlees van salm, tuna en makriel.  Vitamien D word vervaardig wanneer die liggaam aan direkte sonlig blootgestel word, maar moet eers deur die liggaam verwerk word voordat dit geaktiveer kan word. Dit is as aanvulling beskikbaar en sommige voedsels  word daarmee verryk.
Magnesium:  Magnesium is belangrik in die behandeling en voorkoming van aandag-afleibaarheid-sindroom, angstoestande en depressie.  Dit speel ‘n rol in meer as 300 chemiese reaksies wat die gesonde werking van die liggaam verseker.  Meeste veselryke voedsels is bronne van magnesium, soos sekere groentes, sade en neute.  Dit kom ook voor in suiwelprodukte, vleis en koffie.  Aanvullings in tablet, kapsule of vloeibare formaat is beskikbaar.
Yster:  Ystertekorte verhoog die risiko van geestesiektes soos oa gemoeds-versteurings, outisme en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom. Yster is ‘n essensiële mineraal wat suurstof na alle dele van die liggaam vervoer.  Voedselbronne wat ryk is aan ysters sluit in lewer, sonneblomsade, neute, rooivleis, blaargroentes soos spinasie en donker sjokolade.
Choline:  Choline word oa gebruik in die behandeling van depressie, geheueverlies, Alzheimer Sindroom, dementia en Tourette Sindroom. Dit is soortgelyk aan vitamien B.  Dit word in die lewer vervaardig en kom voor in voedsels soos lewer, mossels, vis, neute, spinasie ens.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1