Nuus Flitse

Die tien mees en tien mins verslawende voedsels

Navorsers het bevind dat hoogs verwerkte kosse wat hoog is in vet en glusemiese lading met afhanklikheidsvormende eetgewoontes verband hou.

Hoogs geprosesseerde of verwerkte voedselsoorte verwys na voedsel waarvan die verfynde koolhidrate (soos suiker en meel) en die vetinhoud verhoog is met die doel om dit onweerstaanbaar lekker te maak. As gevolg van die byvoeging van vette en verfynde koolhidate en die vinnige tempo waarteen die koolhidrate in die liggaam opgeneem word toon die verwerkte voedsels dan dieselfde kenmerke as afhanklikheidsvormende dwelms.

Die 10 voedsels met die meeste/minste potensiaal om afhanklikheids-vormend te wees:

Mees verslawende voedsels:

33573095 - brownie on a dark wood background. tinting. selective focus on mint

Pizza
Sjokolade
Tjips
Koekies
Roomys
Slaptjips
Kaasburgers
Gaskoeldrank (Nie die suikervrye variant nie)
Koek
Kaas

Mins verslawende:
Granola Bar
Arbeie
Mielies sonder sout of botter
Salm
Piesang
Brokkoli
Bruin Rys (sonder sous)
Appels
Boontjies (sonder sous)
Wortels
Komkommer (sonder doopsous)

Vetsug is wêreldwyd ‘n enorme probleem. Ongeveer een derde van die wêreld se bevolking is of vetsugtig of oorgewig en gedurende die afgelope 33 jaar het geen land daarin geslaag om vetsug suksesvol te verminder nie. Die grootste gedeelte van die wêreld se vetsugtige mense woon in die VSA (13%) en na raming sal meer as 85 van die volwassenes in die VSA teen 2030 oorgewig of vetsugtig wees. In Afrika Suid van die Sahara word die hoogste persentasie versugtiges onder Suid-Afrikaanse vroue aangetref (42%). Vetsug onder kinders en adollesente het tussen 1980 en 2013 wêreldwyd met ongeveer 50 % toegeneem.

Verskeie faktore dra by tot die vetsug-epidemie, insluitend verhoogde energie inname, die feit dat kosse vrylik beskikbaar is, groter porsies en ‘n afname in fisieke aktiwiteite. Een belangrike potensiëel bydraende faktor is die verslawende aard van sekere kosse, wat onbeheersde etery tot gevolg het.

Voedselafhanklikheid word gekenmerk deur ‘n verlies van beheer oor voedselinname, voortgesette inname van die kosse ondanks negatiewe gevolge wat dit mag veroorsaak, en ‘n onvermoë om inname te verminder nieteenstaande die begeerte om dit te doen.

Voedselafhanklikheid veroorsaak verhoogde aktiwiteit in die beloningsentra van die brein (bv die striatum en mediale orbifrontale korteks) in reaksie op voedsel-stimuli. Verslawende voedsels kom selde in hul natuurlike vorm voor maar is geprosesseer waardeur die potensiaal tot misbruik daarvan verhoog word, bv druiwe vord verwerk tot wyn en papawers tot heroïne.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1