Nuus Flitse

Musiek verander kinders se breinstrukture en bevorder besluitnemingsvaardighede

Net twee jaar se musiekopleiding kan die struktuur van die brein se witstof by kinders verander en die netwerke wat met besluitneming verband hou bevorder.

Die beste breinoefening is om te leer om ‘n instrument te bespeel.

Twee nuwe navorsingstudies aan die Brain and Creativity Institute by USC het bevestig dat so min as twee jaar se musiekopleieing verskeie voordele inhou. Dit kan die struktuur van die brein se witstof verander, wat seine deur die brein vervoer, sowel as die grysstof, wat meeste van die brein se neurone bevat en aktief betrokke is by die prosessering van inligting. Musiekopleiding bevorder ook breinnetwerke wat betrokke is by besluitneming, sowel as die vermoe om aandag te fokus en impulse te inhibeer.

Die resultatie is verkry van ‘n studie wat reeds in 2012 begin is. Die navorsers het die breinontwikkeling en gedrag van kinders uit minder gegoede buurte in Los Angeles, ondersoek. Verskeie wetenskaplike tegnieke is gebruik, insluitend gedragstoetsing, sturkturele en funksionele magnetiese resonansbeelding, en elektro-ensefalografie om elektriese aktiwiteit in die brein te meet.

Aanvanklike resultate het getoon dat die musiekopleiding volwassenheid in breinareas betrokke by klankprosessering, taalontwikkeling en spraakwaarneming en leesvaardighede, gestimuleer het. Die implikasie is dat musiekopleiding sommige van die negatiewe invloede wat swak sosio-ekonomiese omstandighede op kinderontwikkeling uitoefen, kan teenwerk. Verskeie studies het al bevestig dat armoede negatief kan inwerk op breinontwikkeling en dus ook skoolprestasie.

Tydens die mees onlangse studie het neurowetenskaplikes veranderinge gemonitor in 20 kinders wat geleer het om ‘n instrument te bespeel en musiek te lees deur die Los Angeles Philharmonic’s Youth Orchestra. Die kinders het geleer om viool en ander instrumente te bespeel, in ensembles en groepe, en hulle het tot soveel as sewe ure per week geoefen.

Die kinders is ook vergelyk met hul portuurgroep in twee ander groepe: 19 kinders in ‘n gemeenskap sportprogram, en as kontrole 21 kinders wat in geen programme betrokke was nie.

Veranderinge in die dikte en volume van breinareas betrokke by klanprosessering is by die groep wat musiekopleiding ontvang het, gemeet, vergeleke met hul portuurgroep. Kortikale verdikking is ‘n betroubare kriteria vir rypwording van die brein. Die kinders wat musiekopleiding ontvang het het verskille getoon in die dikte van die ouditiewe breinareas in die regter versus die linker breinhelftes, ‘n teken dat die musiek breinstrukture verander het. Dié kinders wat geleer het om musiek te speel en lees het sterker robuustheid van die witstof getoon, ‘n teken van sterker verbinding in die breinareas wat kommunikasie tussen die twee breinhelftes fasiliteer.

Hierdie studie bevestig weereens hoe voordelig musiekopleiding vir die mens is. Die jong musikante wat aan die ondersoek deelgeneem het het ook beter presteer op intellektuele take, uitvoerende funksies en besluitneming.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1