Nuus Flitse

Is dit normaal om oor en oor na dieselfde liedjie te luister?

Is dit normaal om weer en weer na dieselfde liedjie te luister, al het die verrassingselement al lankal verdwyn? Klaarblyklik is die antwoord ja. Daar is baie mense wat aan “musiek herhaling” ly. Deelnemers aan hierdie studie het aangedui dat hulle dieselfde liedjie letterlik honderde kere oor en oor kan luister. En natuurlik maak elektroniese media dit maklik om oor en oor na dieselfde liedjie te luister.

Tydens hierdie studie het 204 deelnemers, meestal in hul dertigerjare of jonger, ‘n aanlyn vraelys voltooi oor hul geneigdheid om hul gunsteling musiek oor en oor te luister. Meer as 80% van die deelnemers het aangedui dat hulle daagliks of ten minste ‘n paar keer per week na hul gunsteling liedjie geluister het. Ongeveer 6 persent het gesê dat hulle ‘n diep behoefte het om die liedjie te hoor voor hulle dit speel.

Daar is bevind dat die deelnemers gemiddeld 300 keer na ‘n liedjie sal luister, en selfs meer wanneer hulle rêrig ‘n diep verbintenis met die liedjie voel. Pop en rock-gunstelinge is meestal genoem as dié wat oor en oor geluister word, maar ook rap, country, jazz en regae. Interessant is dat net 11 liedjies meer as een maal deur een deelnemer gekies is.

Sekere kenmerke van die liedjies het veral daartoe begedra dat mense dit weer en weer wou luister. Drie kategorie kon onderskei word.

Meer as twee derdes was gelukkige liedjies: energiek, opwindend en net reg om jou te laat sing, dans, en liefhê. Ritme is belangrik by hierdie liedjies en mense is geneig om voete te stamp en met hul hande die ritme te klap wanneer hulle na dit luister.

Die tweede kategorie was kalm en ontspannende liedjies: Dit het mense gemaklik, kalm en rustig laat voel en hulle gehelp om dinge in perspektief te sien.

Derdens was daar die bittersoet katergorie: Daardie liedjies wat jou laat hartseer voel, maar ‘n lekker soort hartseer. Bittersoet liedjies het veral diep konneksies by die luisteraars uitgelok. Wanneer luisteraars deur ‘n bepaalde nismark aangetrek word is hulle veral geneig om ‘n diep verbintenis met hul musiek te vorm, en dit gaan dikwels gepaard met die geneigdheid om oor en oor na dieselfde liedjie te luister. Mense wie se musieksmaak met ‘n nismark ooreenstem vorm deel van ‘n klein uitgesoekte groepie mense, en hulle vind nie noodwendig aanklank by die groot populêre musiekmark nie. Bittersoet liedjies word meeste keer oor en oor geluister – gemiddeld 790 keer, teenoor 515 vir kalm liedjies en 175 keer vir gelukkige liedjies.

Hoe meer mense na hul gunsteling liedjie geluister het, hoe meer kon hulle dit intern hoor. Hulle was dan in staat om groot dele van die liedjie in hul gedagtes te hoor, insluitend alle instrumentale en vokale klanke. Bittersoet liedjies leen hul veral daartoe om so in die geheue gestoor te word.

Tydens vorige navorsing is bevind dat die klassieke Wundt-kurwe vir herhaalde luister verantwoordelik is. Die Wundt-kurwe bepaal dat ‘n plesier stimulus meer plesier verskaf hoe meer bekend dit word, totdat ‘n plafon bereik word en die plesier afneem. Dit gebeur volgens hierdie teorie met hoogs populêre radioliedjies, wat op hoë rotasie gespeel word.

Van die liedjies wat deur die deelnemers aan hierdie studie genoem is, was egter net 6 % oor die radio gespeel gedurende daardie tyd. Die deelnemers is dus nie teen wil en dank gedwing om baie na die liedjies te luister nie. Vir een of ander idiosinkratiese rede spreek ‘n bepaalde liedjie doodeenvoudig tot ‘n bepaalde persoon, wat die motivering versterk om diep en lank na die liedjie te luister. Die emosionele beloning wat daaruit verkry word werk baie soos ‘n dwelm wat gemoedstemming beheer, en kan moontlik die drywende krag wees.- BPS

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1