Nuus Flitse

Hoe ander persone jou persoonlike ruimte affektteer

Die omvang van mens se persoonlike ruimte verander in ooreenstemming met die toon en inhoud van ander persone se gesprekke.

Die emosie-gevulde ruimte rondom mens se liggaam, wat mense as hul persoonlike ruimte ervaar, word as “interpersoonlike ruimte” gedefiniëer. Beide sosiale sielkundiges en neurowetenskaplikes het al bevind dat hierdie ruimte nie onbeweeglik is nie en beïnvloed word deur sowel die bepaalde situasie as individuele kenmerke van die persoon. Tydens hierdie studie is die invloed wat die interpretasie van die interaksie tussen ander persone, waarby mens nie direk betrokke is nie, op ‘n persoon se interpersoonlike ruimte het, gemeet.

Navorsers het ‘n eksperiment gedoen waartydens die deelnemers ingeluister het op twee vooraf opgeneemde gesprekke, waarvan een neutraal en die ander aggressief was.

Nadat deelnemers na elke gesprek geluister het, is die vlak waar hulle hul persoonlike ruimte as gemaklik beleef het gemeet. Dit is gedoen deur middel van ‘n “stop-afstands-tegniek”, wat behels dat die deelnemers geluister het na ‘n opname van naderende voetstappe. Hulle kon vra dat die opname gestop word sodra die voetstappe so naby aan hulle was dat dit hulle ongemaklik laat voel het. Deur gebruik te maak van die klank van voetstappe, eerder as ‘n
persoon wat fisies nader stap, is enige vooroordeel wat op grond van die visuele voorkoms van die persoon kon intree, uit die weg geruim.

Nadat die deelnemers na die aggressiewe gesprek geluister het het hulle die naderende voetstappe verder van hulle gestop (gemiddeld 7 sekondes) vergeleke met nadat hulle na die neutrale gesprek geluister het (gemiddeld 4.5 sekondes weg). Die implikasie is dat hulle ‘n groter afstand wou handhaaf onmiddellik na die aggressiewe gesprek.

Volgens die navorsers is persoonlike of interpersoonlike ruimte die spasie wat mens tussen jouself en andere moet handhaaf om steeds gemaklik te voel. Tydens hierdie studie is vir die eerste keer ooit bevestig dat die toon van sosiale interaksie die grootte van hierdie ruimte beïnvloed, selfs al is mens nie persoonlik by die interaksie betrokke nie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1