Nuus Flitse

Jymmin – n kombinasie van musiek en oefen verdoof die pynsensasie

Fotokrediet: Max Planck Institute for Human Cognitive and Brain Sciences, Leipzig

 

Wanneer fisieke oefening gepaard gaan met die vermoë om musiek te produseer lei dit tot ‘n verbetering in gemoedstemming, ‘n afname in die pyngewaarwording en verbeterde doeltreffendheid van die spierwerking.

Siektes, beserings of intense fisieke oefening versoorsaak dat pyn ‘n substansiële deel van sommige mense se lewens vorm. In Duitsland is bevind dat 7% van die bevolking chroniese pyn ervaar en ingeperk word as gevolg daarvan. Navorsers aan die Max Planck Institute for Human Cognitive and Brain Sciences in Leipzig het nou met ‘n alternatiewe behandelingsmetode vorendag gekom wat pynstillers of hitteterapie kan vervang: jymmin, wat ‘n mengsel van ‘n oefensessie op oefenapparaat in die gimnasium en vrye musikale improvisasie, jamming, is. Volgens die navorsers maak hierdie nuwe fiksheidstegnologie mense minder sensitief vir pyn.

Vir jymmin word oefenapparaat aangepas sodat die krag waarmee bewegings op die abdominale apparaat, trek balk (pull bar) of trapdrawwer (stepper) uitgevoer word ‘n wye reeks klanke voorbring. Sagteware wat spesiaal vir hierdie doel ontwikkel is maak dit dan vir die gebruiker moontlik om ‘n unieke musikale verwerking te produseer terwyl hy oefen.

Die navorsers het bevind dat jymmin pyndrempels verhoog. Deelnemers kon gemiddeld soveel as 10% meer pyn hanteer na net 10 minute se oefen op die aangepaste apparate. Sommiges kon soveel as 50% meer pyn hanteer.

Vorige studies het reeds bevestig dat sportdeelname geneig is om pyndrempels te verhoog. Die pynverdowingseffek is egter veel hoër tydens jymmin. Na jymmin kon die deelnemers bv hul voorarm 5 sekondes langer teen ‘n temperatuur van 1 C in yswater hou, vergeleke met  na ‘n gewone oefensessie.

Die navorsers is van mening dat dit as gevolg van die verhoogde vrystelling van endorfiene is: hoe meer die endorfiene, hoe hoër is hul pyntolerasie. Die kombinasie van musiek en oefen veroorsaak klaarblyk uiters doeltreffende vrystelling van endorfiene.

‘n Interessante bevinding was dat die pynverdowingseffek ooreengestem het met hoe die deelnemers hul belewing van die pyn beoordeel het: dié met die hoogste pyndrempels het die meeste baat gevind by die oefenmetode. Dit kan moontlik wees omdat die vrystelling van endorfiene by hulle reeds baie doeltreffend was, vergeleke met dié wat meer pyn ervaar het.

Die navorsers wys daarop dat hierdie bevinding vele toepassingsmoontlikhede bied. Jymmin kan bv help met pynverligting by persone wat chroniese of akute pyn ervaar. Die masjiene kan veral met groot vrug in rehabilitasieklinieke gebruik word, omdat dit meer doeltreffende oefensessies moontlik maak – die individue gaan doodeenvoudig hul pyndrempel later bereik.’n Verdere bevinding is dat jymmin ook angs verminder het – ‘n bydraende faktor tot chroniese pyn.

Top atlete wat hul prestasie nog verder wil verbeter kan ook baie baat vind by die oefenmetode. Lootsstudies in Suid Korea het getoon dat top swemmers wat met jymmin masjiene opgewarm het vinniger was as die wat konvensionele metodes gebruik het.

Lootsstudies het ook getoon dat jymmin baie ander algemene welstandsvoordele ingehou het, soos ‘n verbetering van gemoedstemming en motivering. Mense wat op die jymmin masjiene geoefen het het gehou van die musiek wat hulle geproduseer het, al was dit nie noodwendig hul persoonlike smaak nie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1