Nuus Flitse

Breingolwe sinchroniseer tydens lewendige musiek uitvoerings

Wanneer individue ‘n lewendige musiekvertoning bywoon en as a groep na musiek luister, sinchroniseer hull breingolwe – dit bind hulle saam sodat elke individu dit meer geniet as deel van die kollektief. Dit bevestig weereens dat mense sosiale wesens is.

Navorsers aan Western Universiteit het hierdie studie in vennootskap met McMaster Universiteit se LIVELab gedoen – ‘n konsert teater wat enig in sy soort is. Wetenskaplikes kon hier die breingolwe van musikante en hul gehoor meet, sodat hulle  bo alle twyfel kon bevestig hoe sosiale bande deur musiek versterk word.

Die navorsers het ‘n orkes gehuur wat vir 24 deelnemers in die gehoor gespeel het. Terselfdertyd is hulle breingolwe, sowel as die van die gehoor gemeet en is bewegings op  ritme van die musiek vasgelê – lewendig sowel as in opnames.

Die orkes moes agt liedjies speel, waarvan helfte baie ritmies (“high groove”) en helfte minder ritmies (“low groove”) was. Die essensiële betekenis van “groove” in sielkundige terme is bloot “Tot watter mate laat die musiek jou  beweeg?” “High groove” liedjies is meer lewendig en laat jou voete saam ritme hou, terwyl “low groove” rustige, lekker luistermusiek is.

Die orkes is versoek om die akoestiek sover moontlik dieselfde te hou, en nie die volume of tempo te veel tussen liedjies te verander nie. Andersins was hulle vry om te improviseer en soveel van hul eie interpretasies in te bring as wat hulle wou. Essensiëel wou die navorsers sover moontlik ‘n werklike konsert naboots.

Die navorsers wou vasstel of meer ritmiese, op en wakker musiek, wat jou meer laat beweeg, sterker bande in die gehoor sou laat vorm as die rustige luistermusiek. Hulle wou ook vasstel tot watter mate die musiekervaring beïnvloed is deur die feit dat dit ‘n lewendige vertoning was.

Tydens die tweede deel van die studie is ‘n video opname van die lewendige vertoning op die groot skerm in die teater aan die deelnemers vertoon. Die laboratorium se gesofistikeerde toerusting is gebruik om te verseker dat die klank en volume dieselfde was as tydens die lewendige vertoning.

‘n Derde data-opname is gemaak, weereens met die video wat op die groot skerm vertoon is. In plaas van ‘n volgepakte gehoor was daar hierdie keer net drie of vier individue wat verspreid in die teater gesit het, sodat hulle mekaar nie regtig kon sien nie en daar geen interaksie tussen hulle kon plaasvind nie.

Tydens al drie die data-opnames is EEG opnames van die deelnemers geneem, sodat ondersoek kon word tot watter mate sinchronisering van hul breingolwe plaasgevind het.

Die navorsers het bevind dat die grootste mate van sinchronisering tydens die lewendige opname plaasgevind het. Minder sinchronisering het plaasgevind toe die video opname vir die groot groep gewys is, en nog minder toe dit vir die vier individue tussen wie geen interaksie kon plaasvind nie, gewys is. Sinchronisering tydens die lewendige opname het plaasgevind in ooreenstemming met die ritme van die musiek – dit staan bekend as die “delta frekwensie”.

Dit wys dat die gehoor ‘n lewendige uitvoering meer geniet. Om deel te wees van ‘n groep verhoog ook die genot van die ervaring.

Die navorsers het ook sinchronisering tussen die individue in die gehoor geanaliseer. Dit het gewys dat hoër grade van sinchronisering ervaar is wanneer meer individue in die gehoor was. Sommiges se breingolwe het egter nie tot dieselfde mate gesinchroniseer nie. Dit verskil van individu tot individu tot watter mate en met hoeveel ander persone hulle sinchroniseer.

Mense wat meer met andere gesinchroniseer het, het die ervaring meer geniet en het ook meer gekonnekteerd gevoel met die musikante. Lewendige uitvoerings verhoog sinchronisasie, maar die mate van sosiale gekonnekteerdheid beïnvloed ook die genot van die ervaring.

Die navorsers het ook sinchronie in die beweging tussen individue in die gehoor gevind. Dié wat hul koppe op die ritme van die musiek beweeg het, het meer genot en sosiale affiliasie ervaar.

Daar is bewyse gevind dat een van die redes waarom musiek geëvoleer het is omdat dit groepe mense in staat stel om bewegings te koördineer. Wanneer mense saam beweeg bevestig dit ‘n gevoel van eenheid tusssen hulle.

Mense is sonder twyfel sosiale wesens wat wil voel hulle behoort en ‘n lewendige musiekuitvoering versterk hierdie gevoel.- MedicalXpress

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1