Nuus Flitse

Mans wat hul rykdom openlik vertoon nie goeie langtermyn verhoudingsmateriaal nie

Wanneer ‘n man sonder voorbehoud geld op luukse motors spandeer word dit intuïtief geïnterpreteer as ‘n teken dat hy meer geïnteresseerd is in ‘n korttermyn seksuele flirtasie eeerder as in ‘n langtermyn romatiese verbintenis.

Mans is meer geneig as vroue om hul rykdom ten toon te stel. Dit is omdat hulle tipies ‘n voorsienerrol vertolk en wetenskaplikes het tot op hede gespekuleer dat, deur hul rykdom te vertoon, hulle bevestig dat hulle goeie voorsieners sal wees – dit is dus as’t ware ‘n “advertensie” dat hulle belangstel om in ‘n verhouding betrokke te raak.

Oor alle kulture heen weespiëel ‘n vrou se voorkeur van ‘n potensiële romantiese maat die tipe verhouding wat sy verlang – fisieke kwaliteite is belangriker wanneer sy ‘n kortstondige flirtasie verlang terwyl rykdom belangriker is wanneer sy uitkyk vir ‘n lewensmaat, wat vir haar en haar kinders moet kan voorsien.

Tydens die huidige studie het die navorsers ondersoek hoe ‘n man se vertoon van rykdom deur andere geïnterpreteer word. Hulle wou ondersoek of opvallende vertoon van rykdom en die besteding van geld op pronkerige onnodighede vroue sal ontmoedig om die persoon as ‘n potensiële lewensmaat te beoordeel. Die navorsers het gespekuleer dat mans wie se besteding egter op praktiese oorwegings gegrond is, soos diensbaarheid en betroubaarheid, positief beoordeel sal word as toekomstige lewensmaats.

Annonieme aanlyn opnames is deur twee groepe voorgraadse studente voltooi. Hulle moes eerstens ‘n beskrywing lees van twee mans wat in die proses was om duur motors te koop. Elkeen se persoonlikheidskenmerke tov afspraakgedrag en ouergedrag moes hierna beoordeel word, sowel as hul belangstelling in verhoudings, en hoe aantreklik ander persone hulle vind.

Beide mans het dieselfde bedrag spandeer. Een het ‘n sober belegging gemaak deur ‘n nuwe kar te koop omdat hy betroubaarheid verlang het. Die ander een het in ‘n gebruikte motor belang gestel en het die oorblywende geld spandeer op pronkerige bykomstighede soos nuwe verf, groter wiele, en ‘n indrukwekkende klanksisteem.

Beide manlike en vroulike deelnemers het die man met die pronkerige bykomstighede beoordeel as meer geïnteresseerd in ‘n vinnige seksuele flirtasie. Hy het meer punte verdien vir die moeite wat hy gedoen om ‘n maat te vind maar het minder punte verdien oor die hoeveelheid wat hy bereid was om aan ‘n potensiële lewensmaat te spandeer. Die pronkerige man was meer aantreklik vir vroue wat ‘n vinnige flirtasie verlang het, maar was ongeskik bevind vir ‘n langtermyn romantiese verhouding waaruit ‘n gesin uitiendelik sou groei. Die man wat die sober aankoop gedoen het het baie meer punte behaal op hierdie aspek – in totaal het hy baie beter punte behaal as potensiële lewensmaat, ouer en voorsiener.

Die deelnemers het intuïtief aangevoel dat mans wat in die opvallende vertoon van spoggerige materiële goed wou investeer meer geïnteresseerd is in korttermyn seksuele verhoudings, potensiëel nie ‘n goeie vader sal wees nie en nie sou belangstel in ‘n lang, toegewyde romantiese verhouding nie.

Dit staan in teenstelling met die algemene opvatting dat mans se vertoon van rykdom vir vroue aantreklik is omdat dit op voldoende toekomstige voorsiening van bronne dui tov sowel die romantiese maat as kinders wat moontlik uit die verhouding gebore kan word.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1