Nuus Flitse

Honde lees jou gesigsuitdrukking duidelik

Visuele stimulie van menslike gesigte met verskillende emosies is tydend die ekspreriment gebruik. Fotokrediet: Marcello Siniscalchi, Serenella d’Ingeo and Angelo Quaranta van die Universiteit van Bari Aldo Moro, in Italië.

Honde gebruik verskillende dele van hul breine om positiewe en negatiewe emosionele leidrade in menslike gesigsuitdrukkings te prosesseer.

Honde kan die emosies wat deur menslike gesigsuitdrukkings weergegee word interpreteer. Indien ‘n hond bv sy kop na links draai, kan dit wees dat hy opgetel het dat iemand kwaad, bang of gelukkig voel. Wanneer ‘n menslike gesig ‘n uitdrukking van verrassing weerspiëel, is honde geneig om hul koppe na regs te draai. Honde se hartklop versnel ook wanneer hulle iemand sien wat ‘n slegte dag beleef, aldus Marcello Siniscalchi, Serenella d’Ingeo and Angelo Quaranta van die Universiteit van Bari Aldo Moro, in Italië. Die navorsers het ook bevind dat die honde verskillende breinareas gebruik wanneer hulle menslike emosies interpreteer.

Aangesien honde geruime tyd reeds in nabye kontak met mense verkeer het hulle vaardighede ontwikkel wat hulle in staat stel om doeltreffend met mense in interaksie te tree en te kommunikeer. Onlangse studies toon dat die hondebrein emosionele leidrade kan optel wat vervat is in mense se stemtoon, liggaamsreuk en postuur, en dat hulle menslike gesigsuitdrukkings kan lees.

Tydens die huidige studie het die navorsers waargeneem wat gebeur wanneer hulle onverwags foto’s van dieselfde twee volwasse gesigte (‘n man en ‘n vrou) aan 26 honde tydens maaltye vertoon het. Die foto’s is strategies aan die kante van die diere se veld van visie geplaas en het ‘n menslike gesig vertoon wat een van Ekman se ses basiese menslike emosies weerspiëel het: woede, vrees, geluk, hartseer, verrassing, afkeur of neutraliteit.

Die honde het meer reaksie en hartaktiwiteit getoon wanneer hulle foto’s gesien het wat emosies soos vrees, woede en geluk weerspiëel het, en dit het ook langer geneem voor hulle weer begin vreet het. Die honde se verhoogde hartslag toon dat hulle onder hierdie omstandighede hoër stresvlakke ervaar het.

Die honde was geneig om hul koppe na links te draai wanneer hulle gekonfronteer is met menslike gesigte wat woede, vrees of geluk weerspiëel het (regter hemisfeer). Die teenoorgestelde (linker hemisfeer) het gebeur wanneer die menslike gesigte verrassing weerspiëel het, waarskynlik omdat die honde dit as ‘n ontspanne, nie-bedreigende uitdrukking gesien het. Hierdie bevindings bevestig die bestaan van ‘n assimmetriese emosionele modulasie van die hond se brein om menslike emosies te interpreteer.

Aldus die navorsers word opwekkende, negatiewe emosies duidelik deur die regter breinhemisfeer geprosesseer, terwyl meer positiewe emosies deur die linker hemisfeer verwerk word. Die bevindings ondersteun vorige navorsingstudies oor honde en ander soogdiere. Dit bevestig dat die regter hemisfeer van die brein ‘n belangriker rol speel in die regulering van die simpatiese uitvloei na die hart. Dit is fundamenteel in die beheer van die veg of vlug respons, wat noodsaaklik is vir oorlewing.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1