Nuus Flitse

Eet donker sjokolade en sien hoe jou stresvlakke afneem

Die resultate van die eerste menslike opnames oor die invloed van die inname van donker sjokolade op kognisie en ander breinfunksies toon ‘n betekenisvolle afname in stresvlakke en inflammasie.

Tydens twee studies wat aan die Loma Linda University Adventist Health Sciences Center uitgevoer is, is bevind dat sekere tipes donker sjokolade goed kan wees vir gesondheid. Inname van donker sjokolade wat ‘n hoë konsentrasie kakao bevat (minimum 70% kakao, 30% organiese suikerriet) het ‘n positiewe invloed gehad op stresvlakke, inflammasie, gemoedstemming, geheue en immuniteit.

Dit is ‘n bekende feit dat kakao ‘n baie goeie bron van flavonoïede is. Dit is egter die eerste keer dat die invloed daarvan op menslike proefpersone getoets is. Die doel was om te bepaal hoe dit kognitiewe, endokriene, en kardiovaskulêre gesondheid ondersteun.

Volgens die navorsers is daar vir jare na die invloed van donker sjokolade op neurologiese funksies gekyk vanuit die perspektief van die hoeveelheid suiker wat dit bevat. Vir die eerste keer is nou gekyk na die kort- en langtermyn invloed van groot hoeveelhede kakao, in dosisse so klein as ‘n gewone grootte blok sjokolade, op menslike proefpersone. Die resultate is uiters bemoedigend – hoe hoër die konsentrasie kakao, hoe meer positief is die impak op kognisie, geheue, gemoedstemming, immuniteit en dan is daar nog ander voordelige invloede ook.

Die flavanoïede wat in kakao voorkom is besonder sterk anti-oksidante en anti-inflammatoriese agente, wat meganismes bevat wat voordelig is vir die brein en kardiovaskulêre gesondheid.

Die resultate het bevestig dat die inname van 70%-kakao-sjokolade menslike geen-uitdrukking, sellulêre Immuunresponse, neurale seine en sensoriese persepsie positief beïnvloed. Laasgenoemde hou ook potensiëel met breinplastisiteit (ontwikkeling van nuwe neurone in die brein) verband.

Opvolg studies is noodsaaklik, veral met die oog daarop om te bepaal hoe betekenisvol hierdie invloede op immuunselle en die brein is indien groter steekproefpopulasies gebruik word.- Research findings was presented to the Experimental Biology 2018 Annual Meeting, San Diego, April 2018. 

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1