Nuus Flitse

Lae energie-digte dieet laat mense versadig voel

Navorsers aan die Universiteit van Leeds het bevind dat persone wat ‘n diëet volg wat hoofsaaklik bestaan uit lae energiedigte voedselsoorte, soos groente, maer vleis en rys, eerder versadig sal voel as dié wat probeer om hul kalorie-inname te beperk.

‘n Nuwe studie het bevind dat persone wat lae enegiedigte maaltye eet ongeveer 1 000 minder kalorieë per dag inneem. Lae energiedigte voedsels bevat meer water, proteïen en vesel, met die gevolg dat porsiegroottes groter is vergeleke met hoër energie-digte voedsels. Gevolglik voel mense nie so gou honger nie.

Die navorsers wou ondersoek wat die impak van lae teenoor hoe energie-digte kosse op honger en die begeerte om meer te eet is. Gedurende ‘n 14-week periode is daar ook gekyk na die doeltreffendheid van ‘n “Slimming World Weight-Loss Programme”, wat gebaseer is op lae energie-digte kosse, sowel as die “NHS Live Well Diet”, wat vroue aanmoedig om hul voedselinname tot 1 400 kalorieë per dag te beperk.

Terwyl vroue op beide die diëte gewig verloor het, was dié op die laer energie-digte dieet (Slimming World, UK) geneig om klinies meer beduidende hoeveelhede gewig te verloor, meer as vyf persent van hul totale liggaamsgewig.

Daar was ook ander verskille tussen die twee gewigsverliesprogramme wat ‘n invloed kon uitoefen. Die vroue op die Slimming World program het deelgeneem aan ‘n weeklikse ondersteuningsessie. Dié op die NHS Live Well program het geen aangesig tot aangesig ondersteuning ontvang nie, alhoewel ‘n webwerf tot hul beskikking was waar raad aan-lyn gevra kon word. Hulle moes daarop konsentreer om hul kalorie-inname te beperk.

Aldus sielkundige Dr Nicola Buckland, hoofouteur, bevestig die bevindings dat ‘n kommersiële program wat gebaseer is op die inname van lae energie-digte kosse mense help om meer in beheer van hul voedselkeuses te voel, wat na alle waarskynliker die gewigsverliesproses makliker en doeltreffender maak. Baie mense kan nie by ‘n dieet bly nie omdat hulle te honger word tussen maaltye. Die inname van lae energie-digte kosse oorkom hierdie probleem. Gram vir gram bevat lae energie-digte kosse minder kalorieë as hoër energiedigte kosse, met die gevolg dat mense groter volumes kos kan inneem vir dieselfde hoeveelheid kalorieë, wat hulle meer versadig en bevredig laat voel. Om 100 kalorieë in te neem moet ‘n persoon bv 250 g wortels eet, terwyl 20 g sjokolade dieselfde hoeveelheid kalorieë bevat, terwyl dit jou glad nie versadig sal laat voel nie.

Deelnemers aan die studie het oor ‘n periode van vier dae toetsmaaltye geëet by die Universiteit van Leeds se “Human Appetite Research Unit”. Op die eerste dag het hulle laer energie-digte kos ingeneem en op die tweede dag hoë energie-digte kos. Tydens beide dae het ontbyt en middagete ongeveer dieselfde hoeveelheid kalorieë bevat (groter volumes by die lae energiedigte maaltye). Tydens die aandete kon die deelnemers hulself help aan soveel kos en versnapperings as wat hulle wou. Hulle moes aandui hoe honger, vol of lus om nog te eet hulle was.

Op die lae energie-digte dae was die gevoel van honger en die begeerte om nog te eet deurgaans laer. Die deelnemers moes hul ervaring op ‘n skaal van 0 tot 100 aandui. Op die lae energie-digte dae het die vroue gemiddeld ‘n telling van 29.5 aangedui vir honger. Op die dae dat hoë energie-digte kosse geëet is, was die telling gemiddeld 53.8.

Gevoelens van versadiging is op die lae energie-digte dae ongeveer drie ure na ontbyt as 56.2 aangedui, vergeleke met 31.4 op hoë energie-digte dae. ‘n Soortgelyke patroon is opgemerk drie ure na middagete, met tellings van onderskeidelik 24.1 en 53.4 op lae en hoë energie-digte dae wat tov honger aangedui is. Tellings vir versadiging was onderskeidlik 63.5 en 33.

Op die hoë energie-digte dae het die vroue gemiddeld 1 057 meer kalorieë ingeneem.

Helfte van die deelnemers het die Slimming World program gevolg en die ander helfte die NHS Live Well-program. Ouderdom en die Liggaamsgewig Indeks van beide groepe was dieselfde, en het gewissel van 28 tot 45 kg/m2 (28 word as oorgewig beskou en 30-plus as vetsugtig).

Die vroue op die Slimming World-program het ‘n groter persentasie gewig oor die 14 weke verloor. Hulle het gemiddeld 6.2% liggaamsgewig verloor – ongeveer 5.8 kg. Meer as 5% verlies van liggaamsgewig word as beduidend beskou.

Die vroue op die NHS Live Well-program het gemiddeld 3.8% van hul liggaamsgewig verloor – ongeveer 3.3 kg.

Volgens die navorsers is mense geneig om te glo dat hulle ‘n baie streng diëet moet volg indien hulle gewig wil verloor. Hierdie inperkende benadering laat mense egter honger en ontneem voel. Deur groter hoeveelhede van die laer energie-digte kosse te eet voel hulle meer tevrede en is dit makliker om by die diëet te bly.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1