Nuus Flitse

Luister saam met jou kind musiek en bou so n hegte verhouding

‘n Onlangse studie het bevestig dat musiek positief op ouer-kind verhoudings kan inwerk. Navorsers het bevind dat wanneer ouers en kinders saam musiek luister tydens die kinderjare en adolessensie, die kinders beter verhoudings met sowel die moeder as die vader het wanneer hulle volwassenheid bereik.

Het jou tieners permanent oorfone op die ore wanneer julle per motor reis? Moedig hulle aan om die oorfone af te haal, en speel eerder musiek wat julle as ‘n gesin saam kan geniet. Dit kan baie doen om positiewe verhoudings met jou seun of dogter te vestig in die toekoms, aldus navorsers aan die Universiteit van Arizona.

As jy musiek saam met jou kinders luister terwyl hulle klein is, help dit om hegte verhoudings te bou, wat tot in hul volwasse jare steeds sal voortbestaan. Des te beter as jy musiekervarings met jou tieners kan deel, aangesien dit hul persepsie van die verhouding tussen julle positief sal beïnvloed.

‘n Groep jong volwassenes met ‘n gemiddelde ouderdom van 21 jaar het aan hierdie studie deelgeneem. Hulle het ‘n vraelys voltooi oor hoe gereeld hulle in hul kinderjare saam met hul ouers dinge gedoen het soos om musiek te luister, saam na ‘n konsert te gaan, of saam ‘n musiekinstrument te bespeel. Hulle moes hulle herinneringe tussen die ouderomme van 13 en 14 jaar weergee.

Hulle moes ook verslag doen oor hoe hulle tans die verhouding met hul ouers beleef.

Kinders wat tydens enige ouderdom musiekervarings met hul ouers gedeel het, het in jong volwassenheid meer positiewe perserpsies van die kwaliteit van die verhouding met hul ouers gerapporteer. Die invloed was egter beduidend hoër indien hulle gedurende hul adolessensie musiekervarings saam met hul ouers gedeel het.

Dit is redelik algemeen dat ouers saam net hul klein kindertjies musiek aktiwiteite doen, soos om wiegieliedjies of kleuterrympies te sing. Dit kom egter minder algemeen voor gedurende die tienerjare en dit het duidelik ‘n sterker invloed op die verhouding.

Navorsers moet verder ondersoek instel na die verskil tussen formele en informele musiekervarings, asook hoe musiek ook ander verhoudings as dié tussen ouer en kind, soos romantiese verhoudings, beïnvloed.

Die huidige resultate bevestig egter dat ouers baie baat kan vind deur musiekervarings met hul kinders, veral hul tieners, te deel.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1