Nuus Flitse

Afwesigheid van ouers ondermyn breinontwikkeling

Navorsers het die invloed van ‘n gebrek aan direkte ouerlike sorg op die breinontwikkeling van kinders ondersoek en gevind dat die afwesigheid van ouerlike sorg waarskynlik die breinonwikkeling van hierdie kinders kan vertraag.

29669840 - family taking picture of themselves

Wêreldwyd is dit tans ’n tendens dat ouers weens politieke of ekonomiese druk genoodsaak word om vir periodes van tot ses maande en langer van die huis af weg te wees.  Volgens studie outeur Yan Xiao van die Huaxi  MR Navorsingsentrum Sichuan Universiteit van Chengdu in China wou hulle die breinstruktuur ondersoek van die kinders wat dan onder die sorg van vreemdelinge of familielede alleen agterbly.
Magnetiese resonansbeelding-skanderings is gedoen op 38 kinders tussen die ouderdomme van 7 en 13 jaar wie se ouers afwesig was asook op 30 kinders van 7 tot 14 jaar wat by hul ouers gebly het.

Die navorsers het die grysstof volumes en intelligensiekwosiënt van elke deelnemende kind in beide groepe gemeet en vergelyk.  Hulle het groter grysstof-volumes in verskeie breinareas, veral die areas wat emosies beheer, van die kinders sonder ouerlike sorg in vergelyking met die kontrolegroep gevind.  Die gemiddelde intelligensie telling van die kinders sonder ouerlike sorg was nie betekenisvol laer as die kontrolegroep nie, maar geheue en herwinning van inligting het negatief gekorreleer met die intelligensie tellings van hierdie groep.

Groter grysstof-volumes kan dui op onvoldoende volwassenheid van die brein. Die negatiewe korrelasie tussen grysstof volumes and IK tellings toon dat die afwesigheid van ouerlike sorg breinonwikkeling kan ondermyn.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1