Nuus Flitse

Facebook-vriende maak jou gelukkig!

Persoonlike interaksie op Facebook kan ‘n groot invloed uitoefen op ‘n persoon se gevoel van algemene sielkundige welstand, geluk en tevredenheid met die lewe. Maar nie sommer enige interaksie het hierdie positiewe invloed nie – een-kliek terugvoer soos die “like”-knoppie of die plasing van passiewe stukkies om te lees het geen invloed nie.  Mense voel net goed wanneer diè wat hulle ken en vir wie hulle omgee persoonlike boodskappe of kommentare skryf.  Dit hoef nie lywige kommentare te wees nie.  Net ’n sin of twee is voldoende.  Die belangrikste is die wete dat ’n nabye vriend of kennis tyd gemaak het om ’n persoonlike boodskap te skryf.  Dit herinner mense aan die betekenisvolle verhoudings in hul lewe en die feit dat daar andere is wat vir hulle omgee.

33955633 - human head with brain which consists of social networks

Navorsers het ‘n  studie gedoen onder 1 910 Facebook gebruikers in 91 lande, wat deur Facebook advertensies gewerf is. Hulle het bevind dat sestig kommentare per maand deur goeie vriende gevoelens van sielkundige welstand net soveel verbeter soos belangrike lewensmylpale, byvoorbeeld die geboorte van ’n baba of om te trou.

Hierdie bevindings is teenstrydig met heelwat vorige navorsingsbevindings wat toon dat mense wat eensaam en depressief voel meer tyd op sosiale media spandeer. Die vraag is nou: is dit juis ongelukkige mense wat sosiale media gebruik, of is dit sosiale media wat mense ongelukkig maak?

Die navorsers het probeer om hierdie vraag te beantwoord deur die Facebook-aktiwiteit van deelnemers aan die studie oor ’n periode van maande te monitor en te analiseer.  Hulle het bevind dat in-diepte gesprekke met bekendes op Facebook mense beter laat voel het. Dit is ook die geval tydens aangesig-tot-aangesig gesprekke.  Die implikasie is dat mense wat ’n bietjie af voel dalk geneig kan wees om meer tyd op sosiale media te spandeer in ’n poging om beter te voel. Dit herinner hulle dat daar mense in hul lewens is wat vir hulle omgee.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1