Nuus Flitse

Rook tydens swangerskap maak jou kind ‘n dwelmverslaafde

Pregant_lady_smokingBlootstelling aan nikotien in die baarmoeder verhoog die produksie van die breinselle wat eetlus aanwakker, en veroorsaak verslawing aan vetterige kosse, nikotien en alkohol  later in die lewe.

Dit is ‘n bekende feit dat rook tydens swangerskap kan lei tot premature of stil geboorte of ‘n baba wat met abnormaliteite gebore word.  Die kinders van vrouens wat tydens swangerskap rook is meer geneig om self  te rook en raak makliker verslaaf aan nikotien en ander afhanklikheidsvormende middels.

Sarah Leibowitz, ‘n neurobioloog aan die Rockefeller Universiteit in New York en kollegas het die rede vir hierdie tendens vasgestel.  Hulle het swanger rotte met klein dosisse nikotien ingespuit, wat gelykstaande is aan die rook van een sigaret per dag deur ‘n swanger vrou.  Die brein en gedrag van die kroos is na geboorte geanaliseer.

Die navorsers  het bevind dat daar breinveranderinge plaasgevind het by die rotte wat aan nikotien blootgestel is in die baarmoeder. Hierdie breinveranderings was langdurig en was tydens pubertyd steeds aanwesig.   Dit het die rotte se behoefte aan kos geprikkel sowel as hul lus vir alkohol en nikotien.  Die beloningsentra van die brein is gestimuleer wat middel-afhanklikheid en  -misbruik verhoog het.  As adollesente het die rotte meer nikotien ingeneem, meer alkohol gebruik en meer vetterige kosse geëet

Wêreldwyd is daar deesdae anti-rook veldtogte en ‘n verbod op rook in openbare plekke.  Mens sou dus verwag dat die meerderheid mense regdeur die wêreld bewus sal wees van die gesondheidsgevare van  rook.  Tog is bevind dat 10 % van vroue tydens die laaste drie maande van swangerskap steeds gerook het .

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1