Nuus Flitse

Emosies word deur moeders oorgedra

Emosionele brein-netwerke word hoofsaaklik vanaf biologiese moeders na hul dogters oorgedra en tot ‘n kleiner mate ook na hul seuns. Emosionele oordrag tussen vaders en hul kinders is uiters gering.

Genetiese en omgewingsinvloede word van geslag tot geslag deur ouers op hul kinders oorgedra en beïnvloed kognisie, breinfunksionering en gedrag. Vorige studies het reeds getoon dat depressie veral oordraagbaar is tussen biologiese moeders en dogters.

Die kortiko-limbiese stelsel beheer emosionele gedrag en speel ’n belangrike rol in gemoedsversteuring soos depressie, angs en vrees, asook emosionele geheue. Daar is nou bevind dat dit veral deur oorerwing vanaf biologiese moeders na dogters oorgedra word en in ‘n mindere mate ook na seuns. Vaders het net ‘n baie geringe invloed in die oordrag van emosionele brein-netwerke na hul kinders.

Die kortiko-limbiese stelsel bestaan uit die amigdala, hippokampus, anterieure singulaat-korteks en ventro-mediale prefrontale korteks.  Navorsers het bevind dat die grysstof volumes in hierdie areas betekenisvol groter ooreenstemming toon tussen biologiese moeders en dogters, as tussen moeder en seun of vader en dogter/seun.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1