Nuus Flitse

Voldoende groente en vrugte slaan depressie hok

‘n Langtermyn Australiese studie waartydens die data van 60 000 Australiërs van 45 jaar en ouer reeds ingesamel is, het die deelnemers se groente- en vrugte-inname, leefstyl en vlak van geestesspanning gemeet. Geestesspanning is gemeetmet behulp van die “Kessler Psychological Distress Scale”, wat bestaan uit ‘n 10-item vraelys wat algemene angs en depressie meet.  Kort vrae is gebruik om groente-  en vrugte-inname te meet. Die navorsers het bevind dat:

  • Mense wat 3 tot 4 porsies groente geëet het, het ‘n 12% laer risiko gehad om geestesspanning te ervaar as die wat o tot 1 porsies per dag geëet het.
  • Mense wat daagliks 5 tot 7 porsies vrugte en groente ingeneem het, het ‘n 14% laer risiko gehad vir stres as die wat 0 tot 4 porsies ingeneem het.
  • Vroue wat daagliks 3 tot 4 porsies groente geëet het, het ‘n 18% laer risiko gehad vir stres as vroue wat 0 tot 1 porsie geëet het.
  • Vroue wat daagliks 2 porsies vrugte en groente ingeneem het, het ‘n 23% laer risiko gehad tot stres as vroue wat 0 tot 1 porsie daagliks ingeneem het.

Met die aanvang van die studie is die kenmerke wat geassosieer is met hoër stres as volg geïdentifiseer:  vroulik, jonger, laer opvoedkundige vlak en inkomste, oorgewig/vetsugtig, ‘n roker en fisiek onaktief.

Die inname van vrugte alleen het nie ‘n betekenisvolle vermindering van stres te weeg gebring nie.

Meer as 7 daaglikse porsies groente en vrugte het stresvlakke nie nog verder laat daal nie.

Die studie het duidelik gewys dat matige vrugte en groente inname tot minder geestesspanning gelei het, luidens Dr Melody Ding van die Universiteit van Sydney se Skool vir Openbare Gesondheid. Dit het ook getoon dat matige daaglike groente inname alleen sielkundige stres verminder het, terwyl matige vrugte inname alleen nie ‘n afname in stres nie te weeg gebring het nie.

Die bevindings stem ooreen met verskeie ander deursnit- en langtermynstudies wat reeds getoon het dat vrugte en groente-inname, gesamentlik en afsonderlik, verband hou met ‘n laer risiko vir depressie en hoer vlakke van geestesgesondheid.

Volgens die hoofouteur, Binh Nguyen, het hulle verder bevind dat die beskermende invloed van groente en vrugte teen stres baie groter is tov vroue as mans, wat beteken dat dit meer voordelig vir vroue is om meer vrugte en groente in te neem as vir mans.

Die navorsing is gebaseer op die Sax Instituut se 45  en Op Studie.
(Met erkenning aan Medical Xpress)

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1