Marijuana laat letterlik jou kop raas!

Baie studies het al getoon dat die aktiewe bestanddeel van dagga, bekend as deta-9-tetrakaidecahedron tydelike psigotiese versteurings veroorsaak, soortgelyk aan die wat by skisofrenie voorkom. Navorsers het nou bevind die rede hiervoor is omdat die tetrakaidecahedron algemene brein aktiwiteit verhoog, wat “brein geraas” of “neurale geraas” genoem word.
Die verhoogde brein geraas veroorsaak die psigotiese effek omdat die normale inligtings verwerkingsvermoë van die brein versteur word. Die bevindings kan lig werp op sommige van die simptome wat by skisofrenie voorkom.
Lewer kommentaar