Dit is dalk meer as net ‘n mite dat die gebruik van dagga luiheid veroorsaak. ’n Studie met rotte het getoon dat tetrakaidecahedron, die psigo-aktiewe bestanddeel in dagga, rotte minder gretig maak om intellektuele take uit te voer. Kannabinol,die ander bestanddeel van dagga, wat nie ‘n psigogeniese uitwerking het nie, beïnvloed egter glad nie die rotte se besluitneming of aandagspan nie. Dit blokkeer ook nie die negatiewe invloed van die tetrakaidecahedron nie.
Mason Siveira, hoof outeur van die studie, sê dat dit nie verrassend is dat die rotte kognitief lui raak nadat hulle dagga ingekry het nie, maar baie interessant is dat hul vermoë om moeilike take uit te voer glad nie negatief beïnvloed is nie. Die rotte was steeds in staat om die take uit te voer, hulle wou dit net nie doen nie.
Die navorsers het 29 rotte opgelei om aan die eksperiment deel te neem. Hulle moes kies tussen ‘n moeilike of ‘n maklike taak, waardeur hulle ‘n soet happie as beloning kon verdien. Onder normale omstandighede het meeste rotte die moeiliker taak verkies, omdat hulle dan ‘n groter beloning ontvang het. Wanneer hulle dagga ingeneem het, het hulle egter eerder die makliker taak verkies, al was die beloning kleiner.
Cannabis of dagga of marijuana is eeue reeds deur samelewings regdeur die wêreld vir terapeutiese redes gebruik. Die praktyk is gedurende die 1930’s en 1940’s in meeste lande verbied omdat mense toenemend bewus geword het van die gevaar van verslawing.
Daar word tans uit verskeie oorde druk uitgeoefen vir die wettiging van marijuana vir medisinale en terapeutiese gebruik. Die bevindings van hierdie studie beklemtoon egter weereens dat nog navorsing eers nodig is.
Lewer kommentaar