Nuus Flitse

Jy reageer nie emosioneel op musiek nie? Jou brein hou die sleutel.

Navorsers van Spanje en Kanada het bevind dat daar swakker verbindings bestaan tussen die breinareas wat klanke prosesseer en dié wat emosies beheer by mense wat nie emosioneel deur musiek geraak word nie.

15391882 - woman listening to music with headphones at the park

Binne alle kulture is daar mense wat nie emosioneel op musiek reageer nie.  Navorsers het funksionele magnetiese resonansbeelding-skanderings gedoen op die brein van 15 sulke mense terwyl hulle na musiek geluister het. Breinskanderings is ook gedoen op ‘n kontrolegroep wat bestaan het uit 15 mense wat geglo het hulle reageer gemiddeld op musiek en nog 15 wat geglo het hulle reageer sterker as die gemiddelde persoon.

’n Vergelyking van die skanderings het getoon dat minder bloed na die beloningsentrum van die brein gevloei het van dié wat nie op musiek gereageer het nie, teenoor die ander groepe, terwyl al drie groepe  bykans identies gereageer op ander genotvolle aktiwiteite.  Die groepe het egter betekenisvolle verskille getoon wat betref kommunikasie tussen die gehoor-prosesseringsareas van die brein en die belongingsentrum. Daarom het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat gebrekkige musiekwaardering nie toegeskryf kan word aan die belemmering van die beloningsentrum van die brein nie, maar wel aan gebrekkige kommunikasie tussen die beloningsentrum en die gehoor-prosesseringsareas van die brein.

Dit is nog nie duidelik wat die veroorsakende faktor is nie :  veroorsaak gebrekkige musiekwaardering ’n vermindering in breinverbinding of is dit andersom.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1