Nuus Flitse

As jy gelukkiger wil wees, bly weg van Facebook!!!

Wil jy gelukkiger wees?  Moenie op Facebook ingaan nie!!

Hoe moeilik dit ookal is om te glo, het navorsers bevind dat mense wat vir ‘n volle week nie op Facebook ingegaan het nie hulself betekenisvol gelukkiger geag het as die wat Facebook aanhou gebruik het!

 Navorsers aan die Happiness Research Institute in Denemarke het 1095 mense in Denemarke gevra om hul lewenskwaliteit op verskeie dimensies te beoordeel.    Hierna is hulle lukraak in twee groepe verdeel:

  • ‘n Kontrolegroep wat aangehou het om Facebook te gebruik; en
  • ‘n Eksperimentele groep wat opdrag gekry het om vir ‘n volle week glad nie op Facebook in te gaan nie.

Verrassende resultate is verkry toe beide groepe na die week weer hul lewenskwaliteit moes beoordeel. Die eksperimentele groep, wat Facebook vir ‘n week vermy het

  •  het meer sosiaal verkeer en was meer tevrede met hul sosiale lewe;
  •  het minder konsentrasieprobleme ervaar;
  •  het meer teenwoordig in die oomblik gevoel;
  •  het gevoel dat hulle minder tyd gemors het;

Van die kontrolegroep, wat aangehou het om Facebook te gebruik, was:

  • 39% meer geneig om minder gelukkig te voel;
  • 55% meer geneig om gevoelens van stress te ervaar;

Volgens Meik Wiking, Hoof Uitvoerende Beampte van die Happiness Research Institute, kan die resultate daaraan toegeskryf word dat Facebook konstant almal se goeie nuus meedeel, maar baie mense kyk by die venster uit en sien grys wolke en reën (veral in Denemarke!).  Die Facebook-wêreld bied dus ‘n verwronge beeld van sonskyn en geluk in teenstelling met die individu se eie leefwêreld.  Dit word bevestig deur die resultate wat toon dat:

  • 5 uit elke 10 mense wat aan die eksperiment deelgeneem het die persone beny het wat ongelooflike ervarings gepubliseer het;
  • 1 uit 3 jaloers was omdat ander mense so gelukkig gelyk het op Facebook;
  • 4 uit 10 die oënskynlike sukses van andere beny het;

 

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1