Nuus Flitse

Sukkel om op te hou rook? Blameer jou brein!

Beter verbindings tussen sekere breinareas is gevind by mense wat daarin slaag om op te hou rook, in vergelyking met die wat onsuksesvol is.

MRI skanderings is geneem van die breine van 85 mense een maand voordat hulle sou ophou rook.  Nadat hulle opgehou het is hul vordering oor  ‘n periode van 10 weke gevolg. Gedurende hierdie tydperk het 41 mense weer begin rook. Navorsers het ‘n gemeenskaplike kenmerk in die breine van die 44 kandidate wat suksesvol kon ophou rook ontdek: Daar was beter gekoördineerde aktiwiteit tussen die insula, die deel van die brein wat drange en dwingende begeertes beheer, en die somatosensoriese korteks, waar aanraking en motoriese beheer gehuisves word.

Volgens Dr Meredith Addicott, hoof outeur van die studie, beteken dit dat die insula boodskappe uitstuur aan ander dele van die brein, wat dan die besluit neem om weer te rook, of nie te rook nie.  Dr Joseph McClernon, senior outeur, voeg hieraan toe dat verskeie vorige studies reeds bevind het dat die insula, ‘n groot area in die serebrale korteks, aktief is wanneer rokers ‘n lus vir sigarette ervaar.   Ander studies het ook ‘n oombliklike verlies van enige begeerte om te rook gevind wanneer die insula van rokers beskadig word.

Daar bestaan algemene ooreenstemming dat die insula ‘n sleutelfaktor verteenwoordig in die stryd teen rookverslawing, en dat die geheim vir sukses geleë is in terapie of medikasie wat die insula-funksies sal moduleer.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1