Nuus Flitse

Ontevrede met jou gewig? Gebruik ‘n vurk eerder as ‘n lepel

As jy graag gewig wil verloor, gebruik eerder ‘n vurk as ‘n lepel!

Knife_fork_happy_plateOm te eet is ‘n aktiwiteit wat dikwels uitgevoer word sonder om daaroor na te dink. Die eetgerei wat ‘n mens gebruik kan daarom onbewustelik jou persepsie van die kos sowel as die hoeveelheid wat jy inneem beïnvloed.  Navorsers van die Association for Consumer Research aan die Universiteit van Chicago het bevind dat mense wat eerder met ‘n vurk as ‘n lepel eet se drang na kos verminder en dat hulle ‘n kleiner hoeveelheid  verlang as die wat met ‘n lepel eet.

Wanneer mens met ‘n lepel eet, is jy geneig om die hoeveelheid kalorieë wat jy inneem te onderskat.  ‘n Mens ervaar die smaak van dit wat jy eet meer geleidelik met ‘n lepel as met ‘n vurk, met die gevolg dat jy mislei word om te dink dat elke happie kleiner is as wat dit in werklikheid is.  Derhalwe eet mens dan uiteindelik meer as wat jy beoog het.

Mens eet stadiger wanneer jy ‘n vurk gebruik en neem terselfdertyd kleiner happies, met die gevolg dat die totale hoeveelheid kalorieë wat jy inneem minder is.  Selfs al sou jy ‘n gesonder alternatief kies, neem jy meeste van die tyd steeds meer kalorieë in wanneer  jy ‘n lepel gebruik.

Indien jy bekommerd is oor jou gewig is ‘n vurk ‘n beter opsie selfs wanneer jy nagereg eet! Jy sal die nagereg stadiger eet en kleiner happies vat met ‘n vurk.

Ongeag wat jy eet, of jy dit met ‘n vurk of ‘n lepel eet het altyd ‘n betekenisvolle impak op hoeveel jy gaan eet.  Dit is bykans in alle omstandighede wys vir mense wat hul gewig dophou om met ‘n vurk te eet, aangesien hulle na alle waarskynlikheid dan minder gaan eet.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1