Nuus Flitse

Babas het ‘n humorsin

40505492 - smiling baby boy lying on towel

Babas van so jonk as 4 maande het reeds ’n humorsin.

Alledaagse en snaakse weergawes van dieselfde gebeure is gewys aan 30 babas van vier, ses en agt maande oud,  en 35 babas van vyf, ses en sewe maande. Soms het die ouers gelag vir die snaakse gebeure en soms het hulle neutraal gebly. ’n Voorbeeld van ’n snaakse gebeurtenis is  ’n navorser wat ’n rooi hanswors neus dra en dit met sy vinger “biep”. Die navorsers was deur-gaans emosioneel neutraal.

Op ses en sewe maande was die babas in staat om die humor in die gebeure raak te sien en het hulle gelag, selfs as hulle ouers nie gelag het nie. Op vier maande, die ouderdom wat babas gewoonlik begin glimlag en lag, het hulle nie meer of minder gereeld vir die snaakse gebeure gelag nie, maar hulle hartklop het stadiger geword, self wanneer hulle ouers neutraal gebly het. Hulle het dus gereageer sonder dat enige leidrade deur die ouers verskaf is.

Babas lag en glimlag lank voor hulle loop of praat. Die universele voorkoms van hierdie eienskappe en soortgelyke uitdrukkings in soogdiere, insluitend die mens, impliseer dat dit waarskynlik ’n belangrike evolusionistiese meganisme is wat by sosiale soogdiere  aanwesig is.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1