Nuus Flitse

Slegte-hare-dae affekteer meer as net voorkoms

Almal kry hulle – daardie slegte-hare-dae wat begin met weerbarstige, onhanteerbare hare wat elkeen hardnekkig sy eie rigting inslaan, en eindig met die Wet van Murphy: wat ookal verkeerd kon gaan, het. Prof Marianne LaFrance, professor in die Sielkundige aan Yale Universiteit, het bevind dat die persepsie van slegte-hare-dae ‘n negatiewe ingesteldheid skep wat dan tot ‘n legio negatiewe gevolge lei.

Slegte-hare-dae affekteer baie meer as net jou voorkoms. Dit werk in op werkverrigting en produktiwiteit en skep selfbeeldprobleme, selftwyfel, onsekerheid en ‘n kritiese self-ingesteldheid. Dit is nie net verbeelding nie, maar ‘n realiteit. Luidens Prof LaFrance is dit ook ‘n mite dat net vroue daardeur geraak word: mans ervaar dieselfde negatiewe gevoelens. Slegte-hare-dae veroorsaak in der waarheid dat mens jouself as minderwaardig beleef in vergelyking met ander persone.

Eiewaarde en bekwaamheid
Eiewaarde en geloof in jou eie bekwaamheid beteken dat jy vol vertroue is in jou vermoë om take suksesvol af te handel. Jy verstaan wat van jou verwag word en weet jy kan dit doen. Luidens Prof LaFrance veroorsaak slegte-hare-dae dat jou geloof in jou bekwaamheid afneem, met die gevolg dat jy onderpresteer. Sy het bevind dat die blote gedagte van ‘n slegte-hare-dag  mans en vrouens laat voel hulle is minder intelligent as ander persone.  ‘n Verrassende bevinding was dat slegte-hare-dae negatiewer ingewerk het op  mans se gevoel van bekwaamheid as dié van vroue.

Sosiale onsekerheid
Die studie het verder bevind dat slegte hare dae gevoelens van sosiale onsekerheid en selfbewushteid laat toeneem het. Dit het egter verskillend gemanifesteer by mans en vrouens. Vroue was geneig om skaam, verleë en selfbewus te voel, terwyl mans meer gespanne was, ‘n gebrek aan selfvertroue ervaar het en asosiaal opgetree het.

Kritiese selfbeoordeling
Slegte-hare-dae het veroorsaak dat mense hulself in ‘n meer negatiewe lig beskou het. Hulle het meer persoonlikheidstekortkominge by hulself geïdentifiseer en wanneer hulle gevra is om kenmerke te lys wat hulle beskryf het slegte-hare-dag-mense baie meer negatiewe eienskappe neergepen.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1