Nuus Flitse

Wat verklap jou haarstyl oor jou?

Eerste indrukke is blywende indrukke, lui die ou gesegde. Lang blonde lokke, ‘n gemaklike middellengte informele styl of ‘n kort professionele kapsel? Wat ookal jy verkies, dit sê iets oor jou en veroorsaak dat mense ‘n sekere opinie oor jou vorm.

Prof Marianne LaFrance, sielkunde professor aan Yale Universiteit  het probeer vasstel watter indruk verskillende haartsyle maak en hoe dit mense se siening van jou beïnvloed. Sy het deelnemers aan ‘n studie gevra om foto’s van dieselfde mans en vrouens met verksillende haarstyle, wat gewissel het van lang vallende lokke tot bleskoppe,  op verskillende skale te beoordeel.

Jammer dames en here, maar sy kon ongelukkig nie die perfekte haarstyl vind nie. Soos alles in die lewe, het elke snit sy positiewe en negtiewe punte. Sommige haarstyle laat jou wulpser lyk, ander meer aristokraties of maklik om mee oor die weg te kom, ander meer professioneel en saaklik, maar geeneen weerspieël al hierdie kenmerke in een pakket nie en ieder een het ook sy negatiewe kant.

‘n Middellengte informele haarstyl laat vroue meer intelligent en aristokraties lyk.  As jy op soek is na ‘n meer uitgaande en vol-selfvertroue-voorkoms, is kort hare met ligstrepies die weg om te volg. Maar, vroue met kort hare word as minder sexy gesien!

Mediumlengte hare met ‘n kantpaadjie laat mans meer intelligent lyk. Maar, o wee, dit laat ook die indruk dat hulle ‘n eng uitkyk handhaaf.  Die manshaarstyl wat as aantreklikste beoordeel is, was kort hare met ‘n kuif wat opwip. Beide Matt LeBlanc en Ben Affleck dra hulle hare so. Maar, hare wat voor opwip word ook gekoppel aan selfgesentreerdheid!

Verder is bevind dat lang blonde hare vroue wulpser en ryker laat lyk, maar ook enger.  Mans met kort hare met ligstrepies lyk meer selfversekerd en aantreklik, maar ook meer selfgesentreerd. Mans met langer hare word as minder intelligent beoordeel, maar ook as goedgeaard.

Die kort en die lank van die storie is dus: jy kan nie wen nie. Wat ookal jou haarstyl, daar word positiewe en negatiewe persepsies daaraan gekoppel. Maar, indien jy die goue middeweg wil volg blyk dit dat lang, donker krulhare by vrouens en medium lengte hare wat in ‘n middelpaadjie gedra word by mans, as neutraal gesien word en nie positiewe of negatiewe persepsies ontlok nie. – Psyblog

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1