Nuus Flitse

n Blokkiesraaisel per dag laat die ouderdom wag

Uitdagende blokkiesraaisels hou die ouer brein jonk

Indien ‘n uitdagende blokkiesraaisel daagliks voltooi word kan dit breinfunksie in die latere jare beskerm. Navorsers verbonde aan Exeter Universiteit het bevind dat die breinfunksie van persone wat daagliks ‘n blokkiesraaisel voltooi het, gelykstaande was aan dié van persone tien jaar jonger wat betref die spoed van grammatikale redenering en die akkuraatheid van korttermyn geheue.

Die data van meer as 17 000 gesonde persone bo die ouderdom van 50 jaar is tydens ‘n omvattende en kragtige Internet navorsingsprojek ondersoek. Die toetse van die CogTrackTM and PROTECT aanlyn kognitiewe toetse is gebruik om kernareas van breinfunksionering te toets Daar is bevind dat hoe meer gereeld mense aangedui het dat hulle blokkiesraaisels voltooi het, hoe beter het hulle presteer op take wat aandagspan, redenering en geheue geassesseer het.

Luidens Keith Wesnes, Professor van Kognitiewe Neurowetenskap aan die Universite van Exeter Mediese Skool, het hulle ‘n direkte verband gevind tussen die gereeldheid waarmee raaisels voltooi is en nege assesseringstake, insluitend aandagspan, redenering en geheue. Diegene wat raaisels voltooi het, het konstant beter presteer, en die prestasie het progressief verbeter in ooreenstemming met die gereeldheid waarmee raaisels voltooi is.

Volgens Clive Ballard, professor in  oudersomsverwante siektes aan die Universiteit van Exeter Mediese Skool, is dit ‘n bekende feit dat baie van die veroorsakende faktore van demensie verhoed kan word. Dit is derhalwe van kritiese belang om vas te stel watter leefstyl-faktore regtig ‘n verskil sal maak om mense te help om normale breinfunksionering in stand te hou.

Die aanname kan nog nie gemaak word dat blokkiesraaisels die brein skerper maak nie, en die volgende stap is om te bepaal of dit noodsaaklik is om mense aan te moedig om woordspeletjies gereeld te begin speel met die doel om breinfunksie te verbeter. Dit is egter wel ‘n bewese feit dat breinstimulasie, soos deur die voltooiing van uitdagende blokkiesraaisels, kan help om agteruitgang van breinfunksie te verhoed.- University of Exeter “Daily Crosswords Linked to Sharper Brain in Later Life.” NeuroscienceNews. NeuroscienceNews, 17 July 2017.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1