Nuus Flitse

Mans verkies slimmer vroue: mite of feit?

Mans sal droom oor vroue wat intelligenter as hulle is, maar wanneer hulle in die realiteit gekonfronteer word met ’n vrou wat beter as hulle presteer, is dit dikwels vir hulle bedreigend en twyfel hulle aan hul manlikheid, het die huidige studie bevind.

30769269 - displeased businessman with open head. young smiley businesswoman standing into his head and showing the direction. photo over grey background

Navorsers het ‘n studie onderneem om mans se aangetrokkenheid tot vroue wat beter as hulle presteer het op die gebied van intelligensie te toets.  Hulle het bevind dat wanneer deelnemers ’n geskrewe profiel van ’n potensiële metgesel geanaliseer het, hulle groter romantiese belangstelling getoon het wanneer die metgesel se eienskappe ooreengestem het met hulle beeld van hul ideale, hoogs intelligente vrou.  Wanneer hulle egter van aangesig tot aangesig ontmoet het, het die mate waartoe die metgesel se eienskappe ooreengestem het met hulle ideale vrou geen rol gespeel in romantiese belangstelling nie.

Die navorsers het bevind dat wanneer mans gefantaseer het dat ‘n vrou in ‘n hipotetiese scenario beter as hulle gevaar het op ‘n intellektuele taak, hulle haar meer positief geëvalueer het en meer romantiese belangstelling getoon.  Wanneer daar egter aangesig tot aangesig interaksie was, het die mans hulle stoele betekenisvol  vêrder van die vrou geplaas wanneer sy beter as hulle gevaar het, hulle het haar as minder aantreklik beoordeel en het minder romantiese belangstelling getoon as wanneer hulle beter as sy gevaar het. Die mans het hulself ook as minder manlik beoordeel wanneer hulle swakker as die vrou presteer het.

Mense se aantrekking tot mekaar word deur twee sleutelfaktore bepaal:  Sielkundige afstand, of ‘n persoon se geestelike verwagtings van die ander persoon (teikenpersoon) vanuit ’n egosentriese standpunt; en hoe die persoon die teikenpersoon ervaar en beleef wanneer hulle van aangesig tot aangesig ontmoet en die realiteit intree. Wanneer daar sielkundige afstand is kan iemand aangetrek word deur ’n teikenpersoon wat meer gesogte eienskappe as hyself besit.  Wanneer sielkundige afstand verdwyn, tree die realiteit in van die hier en die nou en hoe die teikenpersoon hom op daardie oomblik laat voel.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1