Nuus Flitse

Hoeveel seks het vroue binne die huwelik nodig?

M Gary Neuman, psigoterapeut, rabbie en skrywer van die blitsverkoper “The Truth about Cheating”  onthul in ‘n video onderhoud met “Business Insider” dat hy  bevind het dat seks 11 keer per maand nodig is om vroue binne die huwelik gelukkig te hou.  Neuman het tot hierdie gevolgtrekking gekom op grond van ‘n opname wat hy tydens vervaardiging van sy “Creating Your Best Marriage” video reeks onder 400 vroue gedoen het, wat hulself as gelukkig of ongelukkig moes beoordeel:  die ongelukkige vroue het  net drie na vier keer per maand seks gehad , teenoor die gelukkiges se elf keer per maand. Sy navorsing het verder getoon dat die kwalitiet van die seks nie so belangrik was as die kwantiteit nie.

Neuman verduidelik dat paartjies na die eerste twee jaar van getroude lewe meer moet doen om die aanvanklike vlakke van intimiteit en opwinding te behou.  Volgens hom daal die hoeveelheis seks wat tussen getroude paartjies plaasvind wanneer hul daaglikse gesprekke hoofsaaklik  begin handel oor alledaagse probleme soos die huisverband, en kinders wat siek is. Tydens verhoudings voor die huwelik dink paartjies aan interessante dinge om oor te gesels tydens afsprake. Getroude pare gesels egter hoofsaaklik oor hul verpligtinge, en dit skep nie ‘n atmosfeer wat bevorderlik is vir liefde maak nie.

Neuman wys verder daarop dat emosionele verraad deur ‘n Internet verhouding meer skadelik kan wees vir ‘n huwelik as ‘n fisieke liefdesverhouding.  Volgens hom sou dit makliker wees om berading te doen met ‘n paartjie waarvan  die man of  vrou net ‘n toevallige seksuele verhouding gehad het as wanneer een van hulle ‘n boesemvriend of vriendin op die Internet ontmoet het, maar nie fisiek aan die persoon geraak het nie.  Hy wys daarop dat ‘n “emosionele verbintenis”  baie ernstiger verwerping inhou en dat ‘n  verhouding baie moeiliker daarvan  herstel aangesien die emosies nou buite die huwelik le, basies in iemand anders se hande.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1