Nuus Flitse

Neute bou breinkrag

Navorsers het bevind dat neute die brein bevoordeel deur geheue, kognisie, herroeping van inligting en rus te verbeter.

Wanneer neute op ‘n gereelde basis ingeneem word versterk dit breingolf-frekwensies wat verband hou met kognisie, genesing, leer, geheue en ander sleutel breinfunksies.

Tydens die studie het navorsers aan Loma LInda University Health die invloed van gereelde neutinname op breinaktiwiteit  gemonitor. Deelnemers het amandels, kasjoeneute, grondboontjies, pekanneute, pistasios en okkernuete geëet, waarna elektroënsefalogramme geneem is om die sterkte van die breingolwe te meet. Die EEG golflengte-aktiwiteit is vanaf agt verskillende breinareas gemonitor

Die navorsers het bevind dat sekere neute bepaalde breinfrekwensies meer gestimuleer het as andere. Pistasios het byvoorbeeld die grootste gammagolf-response geproduseer, wat belangrik is vir die verbetering van kognitiewe prosesse, die herroeping van inligting, leer, persepsie en REM slaappatrone (REM slaap is die droomfase van slaap waartydens die brein meer aktief is).

Grondboontjies, wat eintlik peulgewasse is maar tog by die studie ingesluit is, het die hoogste delta-response geproduseer, wat verband hou met gesonde ummuniteit, natuurlike heling en diep slaap.

Alhoewel verskille tussen ses neutvareïteite gevind is, bevestig Lee Berk, hoofnavorser, dat alle neute baie voordelig was in terme van anti-oksidante. Okkerneute het die hoogste anti-oksidant konsentrasies van alle neute bevat.

Vorige studies het reeds bevestig dat neute die liggaam op verskeie beteknisvolle wyses bevoordeel. Dit beskerm die hart, beveg kanker, verminder inflammasie en vertraag die verouderingsproses. Daar is egter steeds nie voldoende navorsing gedoen oor hoe voordelig dit vir die brein is nie. Die studie bevestig wel dat neute net so goed vir die brein as vir die res van die liggaam is. – Sciencedaily

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1