Nuus Flitse

Hoe bevoordeel stap jou brein?

Navorsers het bevind dat voet-impak tydens stap bloedvloei na die brein beheer en vermeerder.

Dit is reeds alom bekend dat stap goed is vir die liggaam.  Maar, dit is nie net die spiere en hart wat daardeur bevoordeel word nie.  Navorsers aan die New Mexico Highlands University (UMHU) het bevind dat die impak van die voet wanneer ‘n mens stap drukgolwe deur die are stuur wat bloedtoevoer na die brein betekenisvol kan verhoog. Die navorsing is aangebied tydens die Algemene Amerikaanse Eksperimentele Biologie Kongres, 2017.

Tot onlangs is geglo dat bloedtoevoer na die brein onwillekeurig deur die liggaam beheer word en dat veranderinge in bloeddruk as gevolg van oefening of uitputting min invloed daarop het. Tydends vorige navorsing het die NMHU navorsingspan bevind dat die impak van voetval tydens hardloop betekenisvolle impak-verwante terugvloeiende skokgolwe deur die are stuur wat met harklop en voetval sinchroniseer, wat bloedsirkulasie na die brein betekenisvol verbeter.

Tydens die huidige studie het die navorsingspan bevind dat, alhoewel voet-impak ligter is tydens stap as tydens hardloop, dit steeds voldoende skokgolwe in die liggaam vrystel om bloedvloei na die brein betekenisvol te verhoog. Die inlvoed van stap is wel minder dramaties as tydens hardloop, maar is steeds heelwat groter as wat tydens bv fietsry plaasvind, waar geen impak is nie.

Luidens die navorsers wys die nuwe data dat bloedvloei na die brein baie dinamies is en direk afhanklik is van sikliese druk op die are, wat interaktief plaasvind as gevolg van retrograde of terugvloeiende druk deur die voet-impak. Daar is ‘n kontinuum van dinamiese invloede op die bloedvloei na die brein tydens fietsry, stap en hardloop.  Die navorsers spekuleer dat hierdie aktiwiteite tot optimale bloedvloei deur die brein kan lei tydens oefening, terwyl dit breinfunksie en algemene gesondheid sterk positief benvloed.

Die hoofouteur, Ernest Greene meld dat dit verrassend is dat dit die wetenskap so lank geneem het om uiteindelik hierdie ooglopende hidroliese invloede op serebrale bloedvloei te meet.  Daar bestaan ‘n optimiserende ritme tussen breinbloedvloei en beweging wanneer ‘n persoon stap. –  Neuroscience News

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1