Nuus Flitse

Koolhidrate veroorsaak Longkanker

‘n Diëet bestaande uit wit brood, artappels, rys en graanvlokkies verhoog wit mense se risiko om longkanker te kry met 49%, al het hulle nog nooit gerook nie! Navorsers aan die Universiteit van Texas se Anderson-kankersentrum het ‘n verband gevind tussen ‘n groter  risiko vir longkanker en voedsel met ‘n hoë glisemiese indeks (hoë GI kosse).

Hoë GI voedsels sluit hoofsaaklik koolhidrate in en veroorsaak ‘n skielike verhoging in bloedsuiker, waarna dit weer val. Dit veroorsaak ook die vrystelling van insulien.  In teenstelling laat lae GI voedsels die bloedsuiker stadig en geleidelik styg.

4 000 wit mense uit Texas is tydens die studie gebruik, insluitende persone wat nuut met longkanker gediagnoseer is, en ‘n gesonde kontrole groep.  Daar is bevind dat die perone met die hoogste GI-diëet twee keer meer geneigd was om longkanker te kry as diegene met die laagste GI-diëet.  Verder was die verband sterker in diegene wat nog nooit gerook het nie.

Die verband tussen longkanker en die glisemiese lading  (GL), wat dui op die hoeveelheid koolhidrate wat geëet is, was  egter nie groot nie. Volgens die navorsers kan dit daarop dui dat die gehalte van die koolhidrate eerder as die hoeveelheid ‘n rol speel in die risiko vir longkanker.  Xifeng Wu, senior skrywer van die studie, sê dat ‘n deëet wat baie vrugte en groente insluit die risiko kan verlaag.  Daar is bewyse gevind dat ‘n hoë inname van rooivleis, versadigde vette en suiwelprodukte die risiko vererger.

Groter begrip vir die rol wat GI in longkanker speel kan lei tot beter voorkomingstrategieë.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1