
Al ooit gewonder waarom hoogtepunte en groot bekendstellings dikwels deur diep basklanke ingelui word? Navorsers aan Georgia Instituut van Tegnologie en Vanderbilt Universiteit het bevind dat klanke op ‘n laer toonhoogte, soos diep basklanke, verbruikers se persepsie van produkafmetings kan beïnvloed.
Tydens bemarkingsveldtogte word op groot skaal van klank gebruik gebruik gemaak. Luidens Michael Lowe en Kelly Haws, hoofnavorsers van die huidige studie, is dit egter duidelik dat bemarkers oor beperkte kennis beskik oor hoe klank produkpersepsie kan beïnvloed. Musiek en aanbieders word meestal op grond van ‘n intuïtiewe aanvoeling gekies, eerder as op grond van bewese navorsingsfeite. Derhalwe word die voordele wat dit kan inhou nie maksimaal benut nie.Bemarkingsveldtogte kan egter baie meer suksesvol wees indien die sensoriese impak ten volle verstaan word.
So het navorsers byvoorbeeld bevind dat verbruikers produkafmetings grootter skat wanneer dit met klanke op ‘n laer toonhoogte geassosieer word. Hierdie “toonhoogte-afmetings-effek” vind plaas as gevolg van ‘n proses van visuele geestesbeelding, wat versterk kan word deur middel van ouditiewe kanale, en verklein kan word wanneer die werklike produk beskikbaar is.
Lewer kommentaar