Nuus Flitse

Hoe beinvloed gemoedstoestand eetgewoontes?

Om te ooreet is dikwels die gevolg van ‘n negatiewe gemoedstoestand. Terwyl vrees en aggressie eetlus demp, blyk frustrasie en hartseer dit te stimuleer.

By eetversteurings soos anoreksie, bulimia of eetvergryping (binge eating) ontstaan ‘n ongesonde gesondheidsbedreigende verhouding tussen kos en emosies. Bo en behalwe die negatiewe wyse waarop hierdie siektes individue wat daaraan ly beïnvloed – insluitend die swak eetgewoontes van die persoon, oorgewig en sosiale isolasie – plaas dieetsiektes ‘n ernstige las op  openbare gesondheidstelsels.

Die menselike liggaam was tydens die paleolitiese tyd, toe kos skaars was, aangepas om te funksioneer in ‘n jagter-versamelaar-omgewing. Dieselfde liggaam moet vandag voortbestaan in ‘n samelewing waar hoë-kalorie maaltye vrylik bekombaar is en  versnapperings 24 uur per dag beskikbaar is. Dit daag mense se selfdissipline uit.

Dit is ‘n bekende feit dat oorgewig persone dikwels skuldig is aan emosionele etery, maar min is eintlik bekend oor hoe voedsel inname gereguleer word. ‘n Projek genaamd “Emo Eat” is van stapel gestuur deur die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Salzburg, met die doel om die verband tussen gemoedstoestand en ongesonde eetgedrag te ondersoek. Deelnemers aan die studie is uitsluitlik vroulik, aangesien die vroulike  geslag hoofsaaklik deur eetversteurings geaffekteer word. Die hoofnavorser, Jens Blechert, verduidelik dat hulle fokus op voedselinname wat nie deur honger gedryf word nie. Hulle doelwit is om te bepaal wat die die verband is tussen emosies en eet wat die vorm aanneem van vergrootte eetlus vir maklik bekombare trooskos.

Die projek word gerugsteun deur data wat verkry is van ‘n vorige aanlyn studie deur die Universiteit van Salzburg. Daarvolgens het die oorgrotte meerderheid vroue aangedui dat hulle meer as gewoonlik eet wanneer hulle hartseer voel. Terselfdertyd is bevind dat hulle minder as gewoonlik geeet het wanneer hulle angstig of kwaad was. Wanneer hulle gelukkig gevoel het, het hulle die normale hoeveelheid ingeneem.

Die sielkundige dinamiek van minder eet wanneer jy angstig of kwaad is, is reeds deeglik nagevors. Vrystelling van die stres-hormoon kortisol berei die menslike liggaam voor om te veg of vlug, wat die gevoel van honger onderdruk.

Navorsers moet egter nog trooseet of eet uit frustrasie bevredigend verklaar. Jens Blechert is van mening dat trooseet  waarskynlik veroorsaak word deur sekere sielkundige meganismes en aangeleerde gedragpatrone. Eetvergrype (binge eating) word feitlik altyd aangevuur deur emosies. Behandeling behels dus gewoonlik analisering van die situasie wat die eetvergrype ontketen, en ‘n soeke na alternatiewe, gesonde wyses om die situasie bevredigend op te los, bv sosiale kontakte. Deur die gemeenskaplike kenmerke te bepaal tussen gesonde en bulimiese eters hoop wetenskaplikes om die weg te baan vir meer verfynde ingrypingsmetodes.

‘n Internasionale span navorsers aan Salzburg en Luxemborg Universiteite is van plan om trooseet in twee fases te ondersoek. Ter voorbereiding moet gesonde deelnemers aan die studie in twee kategorie verdeel word:  hoogs emosionele eters en nie-emosionele eters. Dertig studente is reeds gewerf. Die navorsers beoog om die groep met nog 30 vroue van verskillende ouderdomme, opvoedkundige en sosiale agtergronde, uit te brei.

Die eerste fase van die ondersoek bestaan uit ‘n tien dae opname met behulp van n digitale voedsel en kos dagboek. Deur middel van hierdie sielkundige dagoek-selfoontoepassing kry die deelnemers ‘n praktiese werktuig vir rapportering van emosioneel gelaaide situasies en abnormale eetgedrag, luidens Jens Blechert.

Die deelnemers word vervolgens, op grond van die data wat deur middel van die slimfoon toepassing ingewin word, verdeel in emosionele en nie-emosionele eters.  Die twee groepe word daarna met mekaar vergelyk deur elektriese aktiwiteit in hul brein te meet terwyl hulle stresvolle gebeure gedurende die vorige week moet herroep. Die situasies wat in herinnering geroep word behels feitlik deurgaans sosiale interaksies, bv stryery met ‘n kêrel. Die negatiewe stres gaan dikwels gepaard met hartseer. Nadat hulle aan die negatiewe gebeure gedink het, word elektro-ensefalografiese opnames gemaak van breinareas wat aktief raak in reaksie op beelde van heerlike versnapperinge. Hiervolgens kan die navorsers afleidings maak oor emosionele etery.

Deur middel van hierdie gekontroleerde laboratoium opset hoop die navorsers om te ondersoek hoe die beelde van kos geprosesseer word terwyl die deelnemers onder die indruk is van ’n hartseer herinnering. Word meer of minder aandag aan die versnappering bestee? Of onderdruk die vroue hul aandag uit vrees dat hulle beheer sal verloor? En watter breinareas reageer op die beelde?

Aldus Jens Blechert is dit ‘n bekende feit dat emosionele beheer in die frontale breinlob gesetel is. As ‘n persoon na voedselbeelde kyk behoort breinaktiwiteit in die visuele korteks of in die beloningsentrum plaas te vind. Wanneer emosies deur eetpatrone gereguleer word, behoort die frontale lobbe die aandag te vestig op die beelde wanneer die gemoedstoestand negatief is. Dit kan ook ‘n terapeutiese benadering verteenwoordig naamlik om die aandag te verplaas na alternatiewe aspekte.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1