Die ontwikkeling van depressie hou lynreg verband met dieet, lewenstyl en oefening, toon ‘n grondverskuiwende risiko indeks wat aan die Swinburne Universiteit van Tegnologie ontwikkel is.
Die Risiko Indeks vir Depressie (RID), wat ontwikkel is deur Dr Joanna Dipnall, toon duidelik dat individue meer geneig is tot depressie wanneer hulle diëet swak en hul leefstyl wisselvallig is, en hulle geen oefening doen nie. Die RID is ontwikkel spesifiek met die doel om die mees algemene risiko-faktore vir depressie te identifiseer, sodat professionele gesondheidswerkers ‘n vroeë intervensiewerktuig tot hul beskikking het.
Die doel is om individue wat gepredisponeer is tot depressie vroegtydig te identifiseer, sowel as die sleuteldeterminante wat die risiko waarskynlik sal verminder. Dit is die eerste depressie indeks wat ontwikkel is, en dit sal professionele persone help om die eerste tekens van depressie vroegtydig te identifiseer.
Die Indeks wys dat diëet die sterkste snellermeganisme vir depressie is, gevolg deur fisiologiese faktore en laastens leefstylpatrone, bv te min slaap en oefening. Volgens Dr Dipnall is ‘n diëet ryk aan vesel die sleutel tot goeie geestesgesondeheid. ‘n Diëet ryk aan groen slaaie, groentes en graan het deurgaans verband gehou met ‘n verminderde risiko vir depressie. Terselfdertyd het ‘n ongesonde diëet bestaande uit groot hoeveelhede geprosesseerde voedsels en ‘n hoë vetbelading deurgaans die risiko van depressie verhoog.
Navorsers lê die afgelope tyd sterk klem daarop dat diëet ‘n primêre rol speel in geestesgesondheid. Volgens Dr Dipnall is dit ook belangrik om die rol van die ingewande en ingewandsbakterie verder te ondersoek. Vesel speel onder meer ‘n belangrike rol by ingewandsgesondheid.- MedicalXpress
Lewer kommentaar