Nuus Flitse

Wie het die beste geheue –  mans of vrouens?

Die stryd tussen die geslagte is nog lank nie verby nie!! Vrouens maak geruime tyd reeds daarop aanspraak dat hulle beter en langer as mans kan onthou. ‘n Nuwe studie het nou bevestig dat middeljarige vroue beter as mans gevaar het op alle uitdagings wat met geheue verband hou, ondanks die feit dat geheue verswak wanneer vroue menopouse nader.

Dit is ‘n bekende feit dat geheue afneem met toename in ouderdom.  Ongeveer 75% van alle ouer volwasse persone sê dat hulle probleme ontwikkel wat met geheue verband hou.  Gedurende menopouse kla vrouens van vergeetagtigheid en “breinmis”.  Verder is vroue ook, in vergelyking met mans, meer geneig tot geheueprobleme en dementia.  Tog vaar middeljarige vroue steeds beter as mans van dieselfde ouderdom op alle geheuetoetse.

Hierdie bevinding is gemaak in ‘n studie waartydens 212 mans en vrouens tussen die ouderdomme en 45 en 55 getoets is tov episodiese geheue, uitvoerende funksie, semantiese prosessering en beraamde verbale intelligensie op grond van kognitiewe toetse.  Assosiatiewe en episodiese geheue is getoets deur middel van gesig-naam-assosiasie-toetse en selektiewe herinneringstoetse.

Tydens die studie is ook bevind dat premenopousale en perimenopousale vroue beter gevaar het as postmenopousale vroue tov verskeie sleutel geheue-areas. ‘n Afname in estradiol in postmenopousale vroue het veral verband gehou met laer vlakke van leer en retensie van inligting.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1