Nuus Flitse

Hardloop ontwikkel die brein

Navorsers het bevind dat ’n groep langafstandhardlopers addisionele verbindings ontwikkel het in sleutel-breinareas, in vergelyking met nie-handlopers.  Breinareas wat verband hou met besluitneming, beplanning en konsentrasie is positief beïnvloed.

Dit is lank reeds ’n bekende feit dat musiekopleiding strukturele breinveran-deringe stimuleer wat lei tot verbeterde motoriese funksies, ruimtelike-, sensoriese- en konsentrasievermoëns. Vorige navorsing het ook getoon dat aktiwiteite wat hoë vlakke van hand-oog koördinasie vereis, soos golf, gimnastiek  en raketsporte breinstruktuur en funksie kan verander.   Min navorsing is egter nog gedoen op sporte wat repeterende aktiwiteit vereis, soos hardloop of fietsry.  Volgens Dr. David Raichlin, hoofouteur van die huidige studie, vereis repeterende aktiwiteite baie komplekse kognitiewe funksies soos beplanning en besluitneming wat die brein kan beïnvloed.

Die navorsers het die breinaktiwiteit van 22 gesonde jongmense tussen die ouderdom van 18 en 25 jaar ondersoek terwyl hulle rustend was. Die deelnemers het bestaan uit 11 manlike atlete en 11 manlike nie-atlete, wat geen geskiedenis gehad het van mediese, neurologiese of psigiese beserings wat breinveranderinge kon laat plaasvind nie.  Volgens Dr. David Raichlen het verskeie studies reeds getoon dat oefening beter funksionele breinverbindings stimuleer by ouer persone. Die navorsers wou nou die invloed by jonger persone ondersoek.

Daar is bevind dat aërobies aktiewe jong volwassenes in vergelyking met nie-aktiewes sterker funksionele breinverbindings  ontwikkel het in areas wat verband hou met uitvoerende funksies en motoriese beheer.    Dit beklemtoon weereens hoe voordelig ’n aktiewe lewenstyl  vir die brein en kognitiewe ontwikkeling is.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1