Nuus Flitse

“Sesame Street” verbeter skoolprestasie

Sesame Street is ‘n Amerikaanse televisiereeks vir kinders wat reeds vanaf 1969 vertoon word.  Dit het ‘n opvoedkundige inslag en maak gebruik van Jim Henson se “Muppets”, animasie, kort films, humor en kulturele verwysings.

Navorsers het nou bevind dat groter blootstelling aan Sesame Street gedurende die reeks se beginjare tot beter vroeë skoolprestasie by jong kinders gelei het.  Die generasie van kinders wat voorskoolse ouderdom was toe die reeks gebeeldsend is, het volgens die navorsingsresultate beter gevaar  toe hulle skool begin het en het regdeur hul laerskool loopbane beter presteer.

at universal studios

Ander sleutelbevindings:

  • Seuns en swart kinders wat nie van Spaanse afkoms is nie het die meeste voordeel getrek;
  • Blootstelling aan Sesame Street was meer voordelig vir kinders wat in agtergeblewe areas gewoon het.

Die navorsingstudie, wat deur die ekonome Phillip Levine en Melissa Kearney uitgevoer is,  het berus op die feit dat Sesame Street in die vroeë sestigerjare op of UHF of VHF gebeeldsend is. UHF uitsendings was swakker as VHF en die kinders in areas wat van daardie tegnologie afhanklik was het dus beperkte blootstelling gekry.  Levine en Kearney het bevind dat kinders wat in 1969 voorskoolse ouderdom was en wat in areas met beter Sesame Street dekking gewoon het, regdeur hul skoolloopbaan betekenisvol meer geneigd was om op die vereiste peil vir hul ouderdomsgroep te presteer. Hierdie bevinding het veral sterk na vore gekom by seuns en swart kinders wat nie van spaanse afkoms was nie. Die kanse dat kinders akademies sou ontspoor was 16% minder vir seuns wat in areas gewoon het waar goeie ontvangs was, en 13.7% minder vir swart kinders wat nie van Spaanse afkoms was nie.

Volgens Levine is dit merkwaardig dat ‘n enkele ingryping van een uur per dag tydens die voorksoolse jare so ‘n groot voordeel kan inhou.  Dit is ook ‘n baie kostedoeltreffende ingryping aangesien miljoene kinders ‘n enkele episode kan kyk.  Die navorsingsresultate wys dat Sesame Street waarskynlik die belangrikste en mees bekostigbare voorskoolse akademiese ingryping was, teen net ‘n paar rand per kind per jaar, met voordele wat klaarblyklik jare lank voortgeduur het.

Baie klem word deesdae op skoolgereedheid geplaas en die resultate hou opwindende moontlikhede in dat iets wat so toeganklik en goedkoop is gebruik kan word om kinders se skoolgereedheid te verbeter, veral kinders in agtergeblewe gemeenskappe.  Dit het ook die potensiaal om rassegapings in voorksoolse gereedheid van kinders op ‘n meer gelyke grondslag te plaas.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1