Nuus Flitse

Rustige musiek na oefening bevoordeel herstelproses

Oefenverslaafdes weet goed hoe lewendige musiek jou oplig uit jou moegheid, sodat jy met nuwe ywer jou oefening kan voortsit. Navorsers het nou bevind dat rustige musiek na ‘n harde oefensessie die herstelproses bespoedig. Dit bevestig nogmaals dat musiek kragtig op oefening kan inwerk en dat mense kan  leer om musiek te gebruik om die maksimum voordeel uit die verskillende fases van hul oefening te verkry.

Een-en-twintig mans, en dieselfde hoeveelheid vroue moes fietstrap teen ‘n konstante spoed van 75 rpm. Na elke minuut is 300 g gewig bygevoeg. Wanneer hulle moeg geword het kon hulle ‘n kort aktiewe herstelperiode op die fiets neem, waarna hulle ‘n breek kon neem waartydens hulle in ‘n leunstoel na ‘n iPod geluiser  het – wat deur die navorsers die passiewe herstelperiode genoem is. Die iPods kon of vinnige popliedjies speel, of rustige instrumentele musiek, wat vir hipnose gebruik word.

Vlakke van die streshormoon kortisol in die deelnemers se bloed is gemonitor, sowel as hartslag, bloeddruk en emosionele staat. Tydens die stadige, rustige musiek het kortisolvlakke verlaag en was die deelnemers se emosionele toestand beter. Verrassend het vroue meer baat gevind by die rustige musiek as mans, veral in terme van hul emosionele staat tydens die herstelproses.

Die navorsers kom tot die gevolgtrekking dat rustige musiek met ‘n stadige ritme en eenvoudige struktuur herstel na swaar oefening bevoordeel. Min navorsing is nog op hierdie gebied gedoen maar die studie bied geleentheid om toepassings te onwikkel en spellyste saam te stel wat optimale gebruik van musiek tydens oefening kan moontlik maak, waardeur algemene gesondheid bevoordeel kan word.

Wanneer ‘n oefensessie met rustige musiek afgesluit word, vestig  dit ook ‘n positiewe gemoedstemming en die brein stoor nie die herinnering aan die oefensessie as pynlik en moeilik nie. Dit is belangrik, want dit dra by om oefening as ‘n gewoonte te vestig.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1