Nuus Flitse

Gaan n masjien jou werk steel?

Na raming kan 47% van die beskikbare werke in die VSA oor die volgende twintig jaar gerekenariseer word.Wetenskaplikes het bevind dat die risiko skraler is dat meer intelligente, volwasse persone, wat belangstelling in die kunste en wetenskappe toon, hul werk sal verloor as gevolg van rekenarisering.

Hierdie was die eerste studie wat ondersoek het hoe persoonlikheid-strekke en agtergrondsfaktore kan voorspel of ‘n persoon ‘n werk sal kies waarvan die waarskynlikheid meer of minder is dat dit in die toekoms gerekenariseer sal word. Tydens die studie is die data gebruik van 346 660 Amerikaanse navorsings-instansies wat persoonlikheids-trekke en beroepskeuses tydens adollesensie ondersoek het, tesame met intelligensie en sosio-ekonomiese status.

Die navorsers het die volgende bevind:

  • sosiale agtergrond het min invloed gehad op die moontlike rekenarisering van ‘n persoon se beroep;
  • mense met hoër intelligensie, wat meer volwasse is en hoër meet op ekstroversie, was minder geneig om werke te kies wat gerekenariseer kan word; en
  • sterk belangstelling in die kunste en wetenskap het daartoe bygedra dat mense beroepe gekies het wat waarskynlik nie gedurende die volgende 11 tot vyftig jaar gerekenariseer sal word nie.

Persoonlikheid, intelligensie en beroepsbelangstelling is dus die sleuteldeterminante wat sal bepaal of ‘n majsien jou werk sal kan oorneem. ‘n Kritiese vraag vir jong mense, wat die beroepslui van die toekoms sal word, is watter persoonlikhieds-eienskappe hulle teen die risiko kan beskerm dat hul werk gerekenariseerd kan word. Die antwoord op hierdie vraag kan ingryping dmv opleiding meebring, wat werksekerheid in die toekoms kan verseker.

Dit lei na die volgende sleutelvraagstuk: is huidige opvoedkundige stelsels voldoende om individue toe te rus vir die veranderinge wat in die arbeidsmark gaan plaasvind namate kunsmatige intelligensie meer en meer werksgeleenthede oorneem?

Volgens Rodica Damian, assistent-professor in sosiale en persoonlikheidsielkunde aan die Universiteit van Houston, en hoofouteur van die studie, kan robotte nie komplekse sosiale interaksie so goed hanteer soos mense nie. Menlike wesens presteer ook beter as masjiene op komplekse take wat kreatiwiteit vereis en waar geen roetinewerk by betrokke is nie. Opsommend dus: sodra buigsaamheid vereis word, vaar mense beter.

Luidens Damian dui die bevindings daarop dat huidige opvoedkundige strukture waarskynlik onvoldoende sal wees om mense te bemagtig vir die beroepswêreld van die toekoms. Dit moet wel in gedagte gehou word dat die opvoedkundige landskap reeds drasties verander het sedert die deelnemers aan die studie op skool was gedurende die 1960’s.

Die navorsers het bevind dat elke 15-punt verhoging in IK die waarskynlikheid dat ‘n persoon se werk gerekenariseer sal word met 7% verlaag het. Dit kom neer op 10.19 miljoen mense wie se werk veilig is teen rekenarisering indien dit geëkstrapoleer word na die totale Amerikaanse bevolking.

Dit is moeilik om intelligensie te verander, se Damian, maar doeltreffende ingryping kan sommige persoonlikheidskenmerke vermeerder, soos om beter te vaar met sosiale interaksie, of om meer belangstelling te ontwikkel in die wetenskap en die kunste. As gevolg van die spoed waarteen masjiene kan leer sal dit nie voldoende wees om bloot opvoedkundige vlakke te verhoog nie. Mense gaan nie kan bybly nie. Die oplossing is om unieke menslike vaardighede te ontwikkel. n Verhoging in opvoedkundige vlakke kan egter wel miljoene werke beveilig. Dit kan veral sinvol wees om hoe-risiko groepe te teiken.

Hoe meer en hoe beter mense voorberei word, hoe groter sal die kans wees dat hulle weerstand sal kan bied teen rekenarisering.-Sciencedaily

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1