Nuus Flitse

Hoe oud jy voel tel in die slaapkamer!

Indien middeljarige tot ouer volwassenes so oud voel soos hulle biologies is, is die kanse goed dat hulle nie ‘n bevredigende sekslewe het nie, het navorsers aan die Universiteit van Waterloo bevind.

Die navorsers wou vasstel hoe ouderdom die gereeldheid van en belangstelling in seks by middeljarige en ouer volwassenes affekteer. Die data van 1170 volwassenes in die ouderdomsgroep 45 tot 75 jaar, wat deel was van die “Menopouse in die VSA” (MIDUS) -studie, is tydens die navorsing gebruik. Daar is gekyk na mense se subjektiewe belewing van en houding teenoor ouderdom en hoe dit die gereeldheid, kwaliteit en belangstelling in seksuele aktiwiteite beinvloed het oor ‘n tien jaar periode.

Die navorsers het bevind dat hoe ouer deelnemers gevoel het en hoe minder positief hul siening van die ouderdom was, hoe minder het hulle seks geniet.  Die deelnemers se subjektiewe ervaring van hoe oud hulle voel het dus ‘n groot impak op hul sekslewe uitgeoefen en kon as voorspeller dien vir die kwaliteit van hul sekslewe sowel as hul belangstelling in seks . Die gereeldheid waarmee seks plaasgevind het is nie deur subjektiewe ouderdom beinvloed nie. Luidens Steven Mock, assistent professor in Ontspanningstudies aan Waterloo, maak dit ‘n groot verskil in die slaapkamer indien mense in dié ouderdomsgroep nog jonk van gees voel en nie toelaat dat stereotipes van ouderdom en hoe dit seks beïnvloed hulle sekslewe ruïneer nie.

Aldus Amy Estill, die studieleier, word seks deur ‘n groot aantal fisiologiese en biologiese faktore beïnvloed. Alhoewel subjektiewe gevoel van ouderdom nie die hoeveelheid seks beinvloed nie, is dit duidelik dat die belewing van hoe oud jy voel wel ‘n belangrike invloed uitoefen. Bly dus jonk van gees en die vonk gaan gaan nie in die slaapkamer verdof nie!!

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1