Nuus Flitse

Sosio-ekonomiese het invloed op kinders se woordeskat

Kinders afkomstig uit gesinne met ‘n lae sosio-ekonomiese status het ‘n baie kleiner woordeskat as hul meer gegoede portuurgroep.

Gedurende hierdie studie moes 68 kinders tussen die ouderdomme van 8 en 15 jaar ‘n toets doen waartydens hulle ‘n geskrewe woord moes leer deur gebruik te maak van die konteks van die teks waarbinne dit voorgekom het. Die resultate het gewys dat daar ‘n beduidende verband was tussen die vermoë om die woorde te leer en sosio-ekonomiese status. Dit was ondanks die feit die woorde in die omliggende konteks gewoonlik lank voor agtjarige ouderdom reeds geleer word.

Die verskille in die woordeskatontwikkeling van die kinders vanuit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde het waarskynlik verband gehou met verskille in die wyses waarop hulle nuwe woorde wou aanleer, eerder as  hul kennis van die omliggende woorde. Die kinders uit die swakker sosio-ekonomiese omgewings was baie minder doeltreffend wanneer hulle woorde wat aan hulle bekend was moes gebruik om die betekenis van onbekende woorde te bepaal. Hulle het 10% minder woorde geleer as hul portuurgroep uit meer gegoede huise.

Wanneer kinders kleuterskool toe gaan wys toetse dat dié uit die swakker omgewings gewoonlik ‘n agterstand van ongeveer twee jaar op hul portuurgroep het wat taal en woordeskat betref. Regdeur hul skoolloopbane word hierdie gaping groter en groter en uiteindelik het dit langtermyn akademiese implikasies.

Die primêre rede vir die verskille tussen die infante en voorskoolse kinders uit verskillende sosio-ekonomiese aftergronde word toegeskryf aan die kwantitiet en kwaliteit van taalblootstelling wat die kinders tuis kry. Waarom die gaping groter word, is minder duidelik.  Die navorsers spekuleer dat  dit ook as gevolg van die verskille in die kinders se omgewing kan wees, wat uit die aard van die saak meestal onveranderd bly. Dit kan ook wees dat die lae-inkomste-omgewing die kinders se vermoë om woorde te leer negatief beïnvloed. Indien dit die geval is, lê die probleem in die leermeganismes, en dit kan herstel word.

Luidens die navorsers kan dit waarskynlik voordelig wees indien skole daarop fokus om minder aandag te skenk aan leesvaardighede, en eerder eers die woordeskat van kinders tussen agt en vyftien jaar verbeter deur die gebruik van mondelinge metodes.

Ouers en onderwysers kan kinders help om die verband tussen die woorde te identifiseer. Hulle kan bv ‘n enkele woord neem, soos bakkery, en die kind opdrag gee om soveel as moonlik verbandhoudende woorde te identifiseer binne een minuut. Eerder as om daarop te fokus dat die kind meer woorde onthou, moet die bestaande in-diepte kennis van individuele woorde gebruik word sodat hulle so nuwe woorde kan leer.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1