Nuus Flitse

Jy is net so versadig soos jy verwag om te wees

Jy is net so versadig soos jy verwag om te wees – jou persepsie van hoe versadig jy dink ‘n maaltyd jou gaan maak, beïnvloed hoeveel jy later eet.

Tydens hierdie studie is 26 persone meegedeel dat hulle onderskeidelik twee- en vier-eier omelette eet, op twee verskillende oggende. Beide omelette het egter drie eiers bevat.

Toe die deelnemers geëet het wat hulle geglo het die kleiner omelet is, het hulle na twee ure gerapporteer dat hul baie hongerder was, en het hulle baie meer pasta geëet gedurende die middagmaal en baie meer kilojoules ingeneem deur die loop van die dag, as toe hulle gedink het hulle het die groter omelet geëet.

Bo en behalwe hul voedselinname is ghrelinvlakke ook in die deelnemers se bloed gemonitor. Ghrelin staan bekend as die hongerhormoon. Die bloedtoetse het bevestig dat die deelnemers se latere voedsel en kilojoule inname nie die gevolg was van fisieke faktore nie. Dit beaam die bevindings van vroeëre navorsingstudies, dat mense se verwagtings ‘n invloed kan uitoefen op hoe honger of versadig hullle die res van die dag sal voel, en hoeveel kilojoules hulle later sal inneem.

Die navorsingsbevindings is voorgedra tydens ‘n samekoms van die Britse Sielkunde Vereniging. Dit is ‘n voorlopige studie wat nog nie gepubliseer nie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1