Nuus Flitse

Onsuksesvolle selfdoodpoging sterk voorspeller van geslaagde selfdood

Navorsers het bevind dat die risiko vir selfdood 60% groter is as wat voorheen gedink is by individue wat reeds onsuksesvolle pogings aangewend het.  Die risiko is veral groot wanneer ’n vuurwapen ten tyde van die poging gebruik word.

Volgens die studieleier, J Michael Bostwick, M.D., psigiater aan die May Clinic se Rochester kampus, wou die navorsers leemtes wat tydens vorige studies gelaat is ondervang. Derhalwe het hulle gefokus op selfdood-pogings wat mediese ingryping genoodsaak het sowel as selfdood wat met die eerste probeerslag geslaagd was. Daar bestaan baie min studies wat suksesvolle eerste selfdood pogings as deel van die studie insluit.

Selfdood is een van die tien algemeenste oorsake van dood in die VSA. Suid-Afrika het die agtste hoofste selfdoodsyfer in die wêreld. Ongeveer 60% van mense wat selfdood probeer is tydens die eerste poging suksesvol.  Die resultate van hierdie studie toon dat, in vergelyking met ander metodes, dit 140 keer meer waarskynlik is dat ’n vuurwapen tot selfdood sal lei. Die implikasie is dat ongeveer driekwart van alle suksesvolle eerste selfdood pogings deur vuurwapens veroorsaak word – vuurwapens is ongelukkig besonder doeltreffend vir selfdood.

Die studie het verder getoon dat die ratio van manlike teenoor vroulike suksesvolle selfdoodgevalle hoër was (1.7 teen 1) as wat voorheen bevind is. Ouer mans hou ’n groter risiko in as jonger mans.

Tydens die huidige studie is 1490 persone wie se eerste poging tot selfdood mediese ingryping genoodsaak het, ondersoek.  Dit het 555 manlike en 935 vroulike deelnemers ingesluit.

Soos by vorige studies bevind is, het die resultate getoon dat die risiko vir selfdood afgeneem het indien oorlewendes na die voorval ’n psigiatriese konsultasie gekry het, maar die oorgrote meerderheid oorlewendes het hulself steeds binne ’n jaar na die voorval self om die lewe gebring. Dit beklemtoon hoe belangrik psigiatriese ingryping na die eerste poging is en hoe die eerste jaar na die poging as ’n kritiese tydperk gesien moet word vir moontlike noodlottige herhaling van die voorval.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1