Nuus Flitse

Stres dryf vroue na kos, mans na seks

Wanneer vrouens stres en trauma beleef wend hulle hul tot kos, terwyl mans seks en pornografie sal gebruik as hanteringsmeganisme, het ‘n studie bevind.

‘n Studie aan die University College London, wat 115 manlike en 250 vroulike deelnemers ingesluit het, het bevind dat 27 % van mans seks of pornografie sou gebruik om hulle te help om stres te hanteer, teenoor net 11% van die vroue. Aan die ander kant het net minder as ‘n derde van die mans aangedui dat hulle hul tot trooskos sou wend, teenoor meer as helfte van die vroue.

Volgens Dr John Barry, die studieleier,  lyk dit volgens hierdie studie of daar wel waarheid steek in die stereotipe van die depressiewe vrou wat haar vergryp aan sjokolade en die man wat hom verlustig in pornografie op sy rekenaar. Vir mans is dit waarskynlik ‘n ontsnappingstrategie – dit trek hul aandag af van die probleme wat hulle op daardie bepaalde tydstip ervaar. Tydens seks word endorfiene vrygestel, wat gevoelens van genoegdoening en plesier stimuleer, wat ‘n helende uitwerking het. Dit kan ook wees dat mans bloot anders bedraad is as vroue. Hulle beskik van nature oor ‘n hoër libido, gevolglik gebruik hulle dit as deel van hul hanteringstrategie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1